‘n Wêreld besaai met vreemde mense…


 

 

Wie is die vreemdste mens wat jy ooit teëgekom het?

Mense wat met tattoos hulle hele lyf oortrek het, horings onder hulle velle ingeplant het of ‘n ronde houtbord in hulle onderlip ronddra?

This slideshow requires JavaScript.

Wat laat ‘n volgroeide man ‘n doek dra in publiek?

Hoekom sal ‘n vrou haar lang pampoen en skoothondjie saam in ‘n kiekie verewig?

Wat besiel ‘n vrou om vir jare op te hou haar vingernaels knip?

Dink jou in: dit wat vir ons vreemd is, moet vreesaanjaend wees vir hierdie mense. Iemand wat als moontlik doen om uit te staan, wil sekerlik nie met iets algemeen soos droë broodkrummels te doen het nie?

 

Ons het almal iemand iewers in ons lewe wat so effe ‘aweregs’ aankap. Al ooit gesien hoe ‘n marlyn die aas vat en hoe daai katrol afspin? Dis hoeveel ek die engergievlakke van effe koekaai mense geniet. As student het ek met die vreemstes moontlik uitgehang. Hulle was die beste maats sonder een oomblik van verveling. En hulle het my kinkels aanvaar sonder ‘n sweempie van neus optrekerigheid.

 

As dit dan so is, dat verskillende mense tot mekaar aangetrokke is, jy weet van die magnetiese band van Noord en Suid wat mekaar aantrek – hoekom ken ons nie meer vreemde mense nie?

Screenshot 2016-01-25 19.39.44

 

Gewoonlik probeer ek realiteidsprogramme vermy, maar onlangs het ek Naked and Afraid raakgesien.  Mense word vir een-en-twintig dae iewers afgeleë afgelaai, met net een wille kapmes of vuuraansteker, heeltemal kaalgat…en dan moet hulle sien-kom-klaar. Dankie vir klein genades want die vervaardigers gooi dowwe kolle oor almal se wol-holle en ergste naaktheid. Natuurlik reken al die deelnemers hulle sal kan oorleef. Vir twee-en-twintig minute word ‘n hele episode opgesom.

Ek dink hulle redigeer die mees grillerigste dele uit. Iemand gee definitief vir hulle ‘n tandeborsel aan, en die dames het beslis ‘n skeermes iewers byderhand want hulle het wonderbaarlike nooit ‘n sweempie van ‘n armhaar nie!

 

Die mees besare mense is nie op die program nie – maar die klomp wat hierdie soort van vermaak uitdink en produseer.

 

Vir addisionele vermaak is dit gewoonlik ‘n Adam en Eva, en vir ons genot is hulle totale verskillende persoonlikhede, en hier en daar ‘n vegetariër. Ek verstom my oor hoe vinnig hulle gemaklik raak met mekaar se naaktheid. Miskien is dit so; dat as totale vreemdes vir lank genoeg met mekaar tyd deel, hulle wel iets in gemeen sal vind?

 

As vreemde mense my aardig vind, reken ek dis ‘n effe van ‘n kompliment.  Nie dat ek nou van my klere gaan ontslae raak of begin goggas eet nie!

 

Die geheim is om net al jou kinkels te eien en met ‘n goeie stuiwer van selfvertroue dit te aanvaar.

 

Vir ‘n geruime tyd besef ek daar bestaan mense om my, wat definitief ‘n donkerder streep van eienaardigheid beleef.

 

Na dese reken ek dat ek so kalmpies is soos melk, by kamertemperatuur.

Screenshot 2016-01-25 19.36.46.png

15 responses to “‘n Wêreld besaai met vreemde mense…”

  1. Ekt die stuk nou baie geniet… “Die geheim is om net al jou kinkels te eien en met ‘n goeie stuiwer van selfvertroue dit te aanvaar”… is die beste raad wat ek in ‘n laaang tyd raak gelees het!

    Liked by 1 person

  2. 🙂 Ons hét maar almal ons eienaardighede, maar ek dink ons probeer so hard om “gemiddeld” te wees!
    Lekker gelees, dankie

    Liked by 1 person

  3. Hm, ja, by kamertemperatuur woel dit in daardie melk! ;0)

    Like

  4. Ek verstaan die kaal lopery , maar ek wonder nou net wat maak hulle as n uriene monster daai man in die oggend wakkermaak…….?

    Like

  5. Die ou wat daai dowwe kolle opsit , word na jare dieselfde genoem as daai ou wat die sterretjies in die Scope tydskrif op strategiese plekke geplaas het.

    Like

  6. Dit laat my dink aan Adam en Eva. Hulle eet ook seker maar van die verbode vrugte?

    Like

  7. As jy n gewone TV het , en jy kyk na “Naked and Afraid” met 3D brille dan sien jy nie die dowwe kolle nie……………

    Like

  8. Iets wat ek ook geleer het, is dat n mens aan n vrou se hol kan sien hoe oud sy is.

    Like

    1. Vinnig …….of stadig…………

      Like

  9. Wat heb ik plotseling een saai leven ….
    Ik kom dit soort types nooit tegen!

    Vrolijke groet,

    Like

  10. Vreemde siele … hulle maak darem die lewe interessant

    Like

  11. Ek verstaan ook die “kaal” maar die goggas….

    Liked by 1 person

    1. Seker maar enige iets vir die pêns om te eet. Hierts maar hulle verloor baie gewig!

      Like

  12. […] nie.  Daar is net nie genoeg geld in hierdie Wêreld wat my soos ‘n dikgevrete Eva op ‘Naked and Afraid‘ programme sal verskyn […]

    Like

Leave a comment