Daniël Bezuidenhout
-
Fluisters in Akkra se Banksale
Na gisternag se tropiese heelnag-deur reënbui, is die humiditeit dik om my. Die sonnetjie trek stoom uit die nat teer, waar ek voor die ATM staan en wag. “Bliep”-net een Ghananese-boorling vlak voor my besig met die ATM. Die ATM spoeg ‘n kwitansie uit en die jongman voor my sê beleefd “Dankie”! Miskien is die…
-
Duur Katkoop
Outyd in my Ouma kombuis, het sy ‘n wysheid kwytgeraak terwyl ons ertjies sit en uitdop. Vandag deel ek dit sonder die nodige ertjie-uitdop-proses. Sy vertel; moet nooit ooit ‘n klein katjie verniet aanvaar van iemand nie. Al betaal jy nét vyf sent, betaal tog net ietsie alvorens daai kat jou nog op die ou…
-
As die kasdeure oophang
My se gatvelle het gebrand as ek na donker nog op straat gespeel het. Doei tyd was kinnertjies veilig om te speel totdat die straatligte aangekom het. Dis nou lank voor Zuma ons straatligte afgeskakel het. Praat van ligte aan- en afskakel – annerkand die seewater brand blink liggies soos glinsterende diamante. Is mense maar…
-
Wanneer Afrika jou breinspoel
As Ghana se toerisme ouens hierso oopoog was, het hulle die 90 dae besoekers visum fooi van R 1539 heeltemal afgeskaf. Partykeer verblind daai dollar tekentjies die toekomsblik op meer toeriste se dikker beursies. Daar is natuurlik wandelende Engele al om ons. Ons noem hulle ‘volunteers’. Hulle betaal groot geld om in klein statte tydelik te…
-
Sodom en Gamora
My vriendin en ek gaan besoek toe Agbogbloshie in Akkra. Dis boendoes toe – vir dié wat wonder waar dit is. Dis ‘n plek soos geen ander nie. Vrouens dra vragte in die mark rond op hulle koppe. Die draers se straatnaam is “Kayaye”. Hulle verdien so vyftig rand (ZAR) per dag, waarvan hulle R25 per…
-
Die Ridders van die Koeltebome
Om self mouterkar te bestuur – dit mis ek die meeste. Net gou sleutels gryp en windgat winkel toe wip is maar ‘n drama. Natuurlik kan en mag vrouens hier in Akkra mouterkarre bestuur. Twee van my goeie vriendinne besit en bestuur sulke klein goggakarretjies; orals oor. Maar ons ry een grootte vier-by-vier- lewensgroot, jy…
-
Grootmens verraad!
As klein dogtertjie van so vyfjaar woon ons vlietig in Alberton. My Ma werk by die biblioteek en my Pa verkoop nuwe blink karre. Op een woeste reëndag hol ons kindertjies soos afkop hoenders, uitgelate met plêstieksakke oor die kop in die reën. Dit was loshande die heerlikste speletjie wat ek kan onthou uit my…
-
My hart lê in twee plekke …
Gister sit ek en werk deur ‘n paar fotos van ons onlangse tuisbesoek. Ek is tuis in my Akkra huis en my kat Misca is verheug oor my terugkoms. Maar my ander huis wag in Windhoek en daar sit my mal maltees heeltyd by die deur en wag vir my terugkoms. Party mense het geen…
-
Lipstiek en stof
As jy jou lyf salamander in ‘n wintersonnetjie gehou het, sal jy ergerlik raak as iemand in jou sonnetjie kom staan. In die Noord- en Suidpool is daardie wegraak van die sonnetjie drasties erger. Soos die wêreld aankarring op sy skewe aksel, is daar duisternis vir meer as negentig dae. Daai mense se skrefie oë…
-
Dertig-rand se verskil.
Op langpad moet mens aftrek en op die bossies piepie. Woestynlangs is nie veel koelte nie. Ek skrik sommer my piepie droog want langs die draad is neffens ‘n roering. Daar waar ons afgetrek het, sit reeds ‘n ouman. In die gruisklip tussen sy vlenter skoene lê ‘n blikbord met paar klipkristalle. Mense uit ‘n…









