Expat Living
-
Mode grille, en poeding-walletjies…
Volgens I Scrap skriffel ek hierdie week oor mode(s) In Akkra sien jy gou as iemand nuut aanland. Hulle wikkel ongemaklik in satyn, poliëster, chiffon klere wat soos kondome aan hulle lywe vasplak. Nuwelinge staan uit soos ‘n paal bô water- soveel so, dat die lokale mense verwys na nuwelinge as “Johnny just come”. Binne ‘n…
-
Vêr plekke, vreemde bekendes …
Al ooit gewonder hoekom nuwe getroudes op wittebrood ‘weggaan’ na ‘n vreemde plek? Dis sodat hulle vreemde grille na vore kan kom en die huwelik se gestryery in alle erns kan beginner! Akkra het sy eie versameling van mense wat heeltemal buite karakter optree. Swembad chloorpille kan jy maar afdruk, maar dis ‘n kwessie van…
-
TERT SE KERSFEES STORIE
Lees hier-onner een van die mooiste stories van ‘n anner blogger (ekmyselff) wat ek raakgelees het! TERT SE KERSFEES STORIE Posted on September 21, 2015 Ek het nie die storie hieronder geskryf nie. Iemand anders het, maar ek moet dit met julle deel. Ek brand al van lankal af om hierdie storie te vertel, maar ek het uitgehou…
-
So effe anders
Sodra mens geforseer word om stil te sit het jy skielik miere in jou holle. Nou ja, as die wiele draai dan wil ek soos Malteeshond saamrits. Die skok op my sisteem wanneer ons land in Dubai… Mapstieks die temperatuur kwik slaat vas op 28 en dis net voor 6am toe ons land. Ons is…
-
Yak…yak…yak
Hier in Akkra het almal ‘n opinie oor als. Vergeet van sin maak – die een wat ‘n onderwerp die meeste kan uittorring is voor die handliggend die een wat ‘die meeste daarvan weet’! Daar’s rooimiere in my holle. Ek weet net nie meer, hoe om te fake dat ek luister nie. Sy kop wieg…
-
Monrovia toe vir ‘n “joy-ride”
‘n Mens kan sommer baie leer by ‘n hond. Goete soos lê en dut in die son. Drink baie water. Vat ‘n joy-ride elke kans wat jy kan! My Ouma was reg toe sy sê ek is nes ‘n Maltees-hond: As die wiele draai – dan wil ek saam vir ‘n “joy”-ride. So gebeur dit…
-
Wys my jou ore…
Oumense weet hoe om goeters op te gaar. Toenterjare werk ek agter ‘n toonbank in die Britse paspoort afdeling in Akkra. Nou sien, Ghana was mos ook ‘n Britse Kolonie, en daai tyd het hulle honderde-der-duisende Wes-Afrika boorlinge geleerdheid gegee in Britanje. Heeltemal gratis en verniet. Hulle het mekaar gevind, oor die water, kinners by…
-
Borshare soos Tarzan…
Die Dikboek sê als en almal het sy tyd. ‘n Tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. So verstaan ek hoekom bestuurders van mouetrkarre hier in Ghana nes dagga-besetenes op die paaie aangaan. Die hele Sondag sit hulle sardientjie-styf in die bloedige hitte en kerk-hou. Geseënd en uitgespaar, kan hulle sekerlik nie…
-
Demmit-polisterien is belangrike goeters!
Hier in Ghana is my man soos elke ander ou wat werk toe gaan, druk besig. Hy is in vergaderings en gedurig weg met aller belangrike sakereise na vreemde plekke. ‘n Blink nuwerwetse streeppak Mr. Juppie besoek Akkra. By ‘n besigheidsete vertel hy hoe erg besig is hy en sy dokters vroutjie. Uit so misterieuse…
-
Tien-jaar se reën
Vir dae reeds reën dit onophoudellik- gemiddeld vyf ure se reën per dag. Die groot tien-jaar-se-reën is hier. Elke tien-jaar reën dit hier in Akkra, soveel so; dat mense vir ‘n dekade later vir hulle kinders daarvan vertel. In die loop van ‘n paar dae is die totale reënval meer as twee jaar se gesamentlike…








