Expat Living
-
Wees stil en weet ek is met jou
Voor hy dood is het ek een ding geweet, sy kinders as sy alles. Sy grootste trofee, sy hart se trots. Sy rots. Sy eerste gedagte met sonopkoms en sy laaste gedagte op sy kussing. Beide my broers is gesny op dieselfde skoenlees. Lyk op ‘n druppel net soos hy. Die oudste het dieselfde hare,…
-
‘n Handvol krummels en bekvol fluit…
Ons is vars terug van ‘n twee weke besoek in Namibië. In my hart voel ek weer rustig want terwyl ek weg was, het ek tog my Ghana huisie gemis. Natuurlik sal ek nie waag om so iets aan iemand te noem nie. Hulle dink reeds my bont varkie is nie meer op hok nie.…
-
Die ketel se sing…
Die talente ding pla my. Om my is daar damesgroepe wat Ghanalap versnipper met rolsnyers en weer behendig in patrone aanmekaar werk vir laslaphandsakke. Ek staar oopbêk – te mooi vir woorde. Ander ontmoet voormiddae, tel, plan, ryg en toor die allermooiste Ghanakralewerk aanmekaar. Nog ‘n groep is besig om ‘n kookboek aanmekaar te spoeg…
-
See Piranhas
Soos die kraai vlieg, is ons net vier kilometer vanaf die see, waar ons in Akkra woon. Dis te vêr om die branders se breek te luister en die seebries te ruik, maar naby genoeg om eetgerei in die laai te roes. Sleutels wat in kasdeur of deurslotte gelos word, roes rotsvas in ‘n ommesientjie.…
-
Fluisters in Akkra se Banksale
Na gisternag se tropiese heelnag-deur reënbui, is die humiditeit dik om my. Die sonnetjie trek stoom uit die nat teer, waar ek voor die ATM staan en wag. “Bliep”-net een Ghananese-boorling vlak voor my besig met die ATM. Die ATM spoeg ‘n kwitansie uit en die jongman voor my sê beleefd “Dankie”! Miskien is die…
-
As die kasdeure oophang
My se gatvelle het gebrand as ek na donker nog op straat gespeel het. Doei tyd was kinnertjies veilig om te speel totdat die straatligte aangekom het. Dis nou lank voor Zuma ons straatligte afgeskakel het. Praat van ligte aan- en afskakel – annerkand die seewater brand blink liggies soos glinsterende diamante. Is mense maar…
-
Wanneer Afrika jou breinspoel
As Ghana se toerisme ouens hierso oopoog was, het hulle die 90 dae besoekers visum fooi van R 1539 heeltemal afgeskaf. Partykeer verblind daai dollar tekentjies die toekomsblik op meer toeriste se dikker beursies. Daar is natuurlik wandelende Engele al om ons. Ons noem hulle ‘volunteers’. Hulle betaal groot geld om in klein statte tydelik te…
-
Sodom en Gamora
My vriendin en ek gaan besoek toe Agbogbloshie in Akkra. Dis boendoes toe – vir dié wat wonder waar dit is. Dis ‘n plek soos geen ander nie. Vrouens dra vragte in die mark rond op hulle koppe. Die draers se straatnaam is “Kayaye”. Hulle verdien so vyftig rand (ZAR) per dag, waarvan hulle R25 per…
-
Die Ridders van die Koeltebome
Om self mouterkar te bestuur – dit mis ek die meeste. Net gou sleutels gryp en windgat winkel toe wip is maar ‘n drama. Natuurlik kan en mag vrouens hier in Akkra mouterkarre bestuur. Twee van my goeie vriendinne besit en bestuur sulke klein goggakarretjies; orals oor. Maar ons ry een grootte vier-by-vier- lewensgroot, jy…
-
Grootmens verraad!
As klein dogtertjie van so vyfjaar woon ons vlietig in Alberton. My Ma werk by die biblioteek en my Pa verkoop nuwe blink karre. Op een woeste reëndag hol ons kindertjies soos afkop hoenders, uitgelate met plêstieksakke oor die kop in die reën. Dit was loshande die heerlikste speletjie wat ek kan onthou uit my…









