Oumense se dinge
-
Dertig-rand se verskil.
Op langpad moet mens aftrek en op die bossies piepie. Woestynlangs is nie veel koelte nie. Ek skrik sommer my piepie droog want langs die draad is neffens ‘n roering. Daar waar ons afgetrek het, sit reeds ‘n ouman. In die gruisklip tussen sy vlenter skoene lê ‘n blikbord met paar klipkristalle. Mense uit ‘n…
-
Sterftekennis en doeityd se doodsfeite…
‘n Wildvreemde skrywer pas my (met epos) die annerdag, in sy familieboom in, ek, met al my manne-familename. Daardie legkaartstukkie het my aan die boombou gekry. Natuurlik nie sommer ‘n plakboek ding nie, maar ‘n rêrige ernstige familiestamboom. Vannerselwe is dit onnodig om die wiel te herontwerp, so snuffel ek net op internet. Daar vind…
-
Silverkoppies vier Kersfees met hannevashou.
Een daggie voor Kersfees, maar vandag vier die Duitsers van Windhoek hulle Kersfees. In ‘n supermarkkoffiewinkel wyl ek my tyd totdat my kind klaarmaak met sy werkery. Darem net halfdag vandag. Besig soos ‘n miernes is Windhoek net ‘n klein dorpie. Dis een lewendige TV-sepie, diedselfde mense oor en oor, ander plek, dieselfde plek,…
-
Dank die Vader vir Internet Katties…
My man is dankbaar vir die internet. Dit is die EEN ding in ons huis wat hy seker maak NOOIT in ons huis uithardloop nie. (Wyse man wat met die hand vir my uitgesoek is…) As ons internet leeggetap is, verkrummel my ‘normaal’-geen net daar en dan. Daarsonder sou ek serkerlik ‘n grillerige ou-tannie wees…
-
Oumense se slegte oë…
Hier in ons huis se nok, bondel ‘n swerm bye en trek in. Hulle is hoog op en pla niemand nie. Ek sit vir ure en kyk na al die bedrywigheid. Laatmiddag sien ek klomp dooie bye op die grond lê onder die nok waar hulle nog bondel. Snaakse swartlyf bytjies, sonder daardie bekende dik…
-
Kies nuwe Kaktusdorings …
Mense kom oor jou lewenspad; party as heuning en ander as bye. Sommiges leer jou ‘n lewensles, ander leer jou so ietsie van jouself, die wonderlikes laat herinneringe wat jy koester. Daar is ook dié wat soos kaktusdorings jare kan neem om uit jou gestel te sweer. Van ons wat gelukkig genoeg was om in…
-
‘n Muntflip om Huis–huis te speel.
In ‘n eetplek, sit ek ‘n huilmammie en haar twee kleuters en beloer. Mammie snik in die foon en Ousus sit grootoog en omkyk wie stap by die ingang in en uit. Kleinsus pluk koponderstebô haar pop se geelplastiek hare uit. Heimlik wonder ek of sy ‘n bokspophuis het, en of sy ook huis-huis kan…
-
Heidi was op en die hele wereld het gaan staan…
Ha ha ha, oor einste Heidi het ek my seerste pakslae gekry en nooit leer klavierspeel nie! Sien ek moes as kind klavierlesse neem by ‘n nare tannie met so optrek-kam stywe bolla. Sy was gek oor haar liniaal en kon baie akuraat my vingerkneukels raak-raps. Elke keer as ek moes klas toe gaan, het…
-
Ek is ‘n belofte aan ‘n sterwende man
Hoe kan ‘n “sonder die stingel gebore” met mansname geseën word? Op my tyd het ek self al ‘n vroumens Pieter, Peet, Jake’s en Ossewania ontmoet. Sekerlik het die oorlogtyd en konsentrasiekampe die oumense na uiterste naamgee gedryf. Destyds, in die maerjare van die neëntien-sestigs op Standerton, het ek ook my aardige naam gedêps. Ontbyt…








