Strange things
-
Fluisters in Akkra se Banksale
Na gisternag se tropiese heelnag-deur reënbui, is die humiditeit dik om my. Die sonnetjie trek stoom uit die nat teer, waar ek voor die ATM staan en wag. “Bliep”-net een Ghananese-boorling vlak voor my besig met die ATM. Die ATM spoeg ‘n kwitansie uit en die jongman voor my sê beleefd “Dankie”! Miskien is die…
-
Duur Katkoop
Outyd in my Ouma kombuis, het sy ‘n wysheid kwytgeraak terwyl ons ertjies sit en uitdop. Vandag deel ek dit sonder die nodige ertjie-uitdop-proses. Sy vertel; moet nooit ooit ‘n klein katjie verniet aanvaar van iemand nie. Al betaal jy nét vyf sent, betaal tog net ietsie alvorens daai kat jou nog op die ou…
-
Die Ridders van die Koeltebome
Om self mouterkar te bestuur – dit mis ek die meeste. Net gou sleutels gryp en windgat winkel toe wip is maar ‘n drama. Natuurlik kan en mag vrouens hier in Akkra mouterkarre bestuur. Twee van my goeie vriendinne besit en bestuur sulke klein goggakarretjies; orals oor. Maar ons ry een grootte vier-by-vier- lewensgroot, jy…
-
Lipstiek en stof
As jy jou lyf salamander in ‘n wintersonnetjie gehou het, sal jy ergerlik raak as iemand in jou sonnetjie kom staan. In die Noord- en Suidpool is daardie wegraak van die sonnetjie drasties erger. Soos die wêreld aankarring op sy skewe aksel, is daar duisternis vir meer as negentig dae. Daai mense se skrefie oë…
-
Tyd vir Kommapunt
Lank tyd terug het ‘n baie slim gryskop Omie my vertel, mense het so nou en dan kommapunte nodig. Doeityd het ek gedink die Gryskoppie was reeds oor die kop geslaan met sy kenz-stepie. Oor die jare bly die woorde knoei in my gedagtes; los ek weer so effe dat die idee weer uitrys. Akkra…
-
Silverkoppies vier Kersfees met hannevashou.
Een daggie voor Kersfees, maar vandag vier die Duitsers van Windhoek hulle Kersfees. In ‘n supermarkkoffiewinkel wyl ek my tyd totdat my kind klaarmaak met sy werkery. Darem net halfdag vandag. Besig soos ‘n miernes is Windhoek net ‘n klein dorpie. Dis een lewendige TV-sepie, diedselfde mense oor en oor, ander plek, dieselfde plek,…
-
Majazaan. Die een wat ‘n jas dra.
My Pa se eerste taal was nie Afrikaans nie dit was Zulu. Hy het dit sommer so terloops aangeleer terwyl Memme hom geabba het, op die plaas in Witrivier. Wanneer iemand Zulu praat so gemaklik sonder ‘n aksent, is ‘n gepaste Zulubynaam; ‘n groot eer. Sodra ‘n motreën (Kiza) die grond se nat in die…
-
Kerktannies se fluisters…
Destyds is ons sommer baie tyd gegun om smoorverlief te wees. Ons het ons knieë nerwe deurval vir die krieketspelers met ‘n kuiltjie en so, wip in sy kuif. Te ougat as hy jou eendag met so rasperstem vra om te gaan fliek. Daaityd se manne het gewéét hoe om vlerk te sleep. Sien; TV en rugby…
-
Mauro Prosperi …fluister sy naam – hy het woestynkoors.
Partykeer lees ek van mense, en dit laat my stil. Soms vir dae lank. So lees ek van Mauro Prosperi. Mal Italianer, ‘n tienkamp atleet wat daarvan hou om aan Ultra Maratons deel te neem. Toe hy nege-en-dertig jaar oud was (1993), – in die Sahara woestyn, gedurende Marathon des Sables tref ‘n sandstorm. En…
-
Meng nou saam; goggas en diamante…
Ek reken die vervaardigers van die realiteitsprogram “Come Dine with Me” verdien ‘n Oscar toekenning. Vir dié wat droogbek uitgemis het tot nou; dis wanneer vier wildvreemdes; in vier aande, oor en weer aansit vir ‘n driegang ete by mekaar, aan huis. Hulle streke word op kamera vasgelê en elkeen gradeer vanuit tien punte die gasheer…









