Vreemde dinge
-
‘n Mieliestronk om mee te krap
Ag nee, die kamatigge slimmes het nou die pot misgesit! Ek lees dat die wet in RSA goedgekeur is dat kinders tussen twaalf en vyftien wettiglik met mekaar kan seks hê. Voorheen was dit verkragting van ‘n minderjarige. Die ouderdoms verskil moet net nie meer as driejaar wees nie…wie dink hierdie stront uit? Kan ‘n…
-
Demmit-polisterien is belangrike goeters!
Hier in Ghana is my man soos elke ander ou wat werk toe gaan, druk besig. Hy is in vergaderings en gedurig weg met aller belangrike sakereise na vreemde plekke. ‘n Blink nuwerwetse streeppak Mr. Juppie besoek Akkra. By ‘n besigheidsete vertel hy hoe erg besig is hy en sy dokters vroutjie. Uit so misterieuse…
-
‘n Handvol krummels en bekvol fluit…
Ons is vars terug van ‘n twee weke besoek in Namibië. In my hart voel ek weer rustig want terwyl ek weg was, het ek tog my Ghana huisie gemis. Natuurlik sal ek nie waag om so iets aan iemand te noem nie. Hulle dink reeds my bont varkie is nie meer op hok nie.…
-
Die ketel se sing…
Die talente ding pla my. Om my is daar damesgroepe wat Ghanalap versnipper met rolsnyers en weer behendig in patrone aanmekaar werk vir laslaphandsakke. Ek staar oopbêk – te mooi vir woorde. Ander ontmoet voormiddae, tel, plan, ryg en toor die allermooiste Ghanakralewerk aanmekaar. Nog ‘n groep is besig om ‘n kookboek aanmekaar te spoeg…
-
Fluisters in Akkra se Banksale
Na gisternag se tropiese heelnag-deur reënbui, is die humiditeit dik om my. Die sonnetjie trek stoom uit die nat teer, waar ek voor die ATM staan en wag. “Bliep”-net een Ghananese-boorling vlak voor my besig met die ATM. Die ATM spoeg ‘n kwitansie uit en die jongman voor my sê beleefd “Dankie”! Miskien is die…
-
Wanneer Afrika jou breinspoel
As Ghana se toerisme ouens hierso oopoog was, het hulle die 90 dae besoekers visum fooi van R 1539 heeltemal afgeskaf. Partykeer verblind daai dollar tekentjies die toekomsblik op meer toeriste se dikker beursies. Daar is natuurlik wandelende Engele al om ons. Ons noem hulle ‘volunteers’. Hulle betaal groot geld om in klein statte tydelik te…
-
Dank die Vader vir Internet Katties…
My man is dankbaar vir die internet. Dit is die EEN ding in ons huis wat hy seker maak NOOIT in ons huis uithardloop nie. (Wyse man wat met die hand vir my uitgesoek is…) As ons internet leeggetap is, verkrummel my ‘normaal’-geen net daar en dan. Daarsonder sou ek serkerlik ‘n grillerige ou-tannie wees…






