-
Veldblom leen ‘n blaadjie
Vanoggend voel ek minder roos en meer veldblommetjie. Net na nege en dis reeds 32 grade selsius, hierdie hitte smelt my grimering en maak dans walms op mouters se bakwerk. Hierdie über moutertjie se lugversorger is lankal kapoet en die vensters hang halfmas oop. In slak verkeer kan ek rustig terugsit en die bont spul…
-
Ek vat my Groen Mamba op ‘n uitstappie
…die nonsêns wat uit daai vuilbekkies borrel is dreinwaardig…
-
Grootmens-skoene
Die dag het gekom dat ek eendag my eie oë uitvee en daar sit ek met ‘n man en my eie twee kinders. “Goeie gom!”, om my kinders groot te kry was ‘n 18-jaar gebedssaak. Soos vele ander het dit so bekoorlik gelyk om tog net groot te wil wees. Daar was dae wat…
-
Voorvaders, skud wakker!
Gansvel-in-die-nek en hand-oor-die-mond…
-
Manne van anderse vere
(** fotos vanaf internet afgelaai) Groot is my verbasing toe ‘n wild vreede man die deur voor my ooppluk en beduie ek moet instap. Ek is nie verbaas oor sy gelante gebaar nie, maar dis ‘n dames poeierkamer in ‘n inkopiesentrum, en ek vermy openbare badkamers soos griep inspuitings. In Akkra moet mens die ongeskrewe…
-
Blinde liefde en trou-brille
Op skool in Pretoria het ‘n kranige rugbyspeler vanaf die Landbouskool annerkant Brits my knieë lam gehad. Naweke en vakansie tye het hy in Pretoria by sy eie Pa kom kuier en dan kon jy die wit van my Ma se oë van vêr raakkyk. Daardie Landbou-seun het na-skool by die polisiemag aangesluit, maar hy…
-
Houdini die Hoender
Klara lyk nie vanoggend baie vars met kringe om die oë en skouers wat effe verlep hang. Ek vra versigtig uit oor die kind, hy’s gelukkig by die skool maar Houdini het weer sy aller beste gelewer. Haar sewejarige is eers ná Aspoestertjietyd bed toe want die Houdini-hoender het in ‘n geut opgekruip, kop…
-
GPS of Jesus?
Hande en voete sweef soos afgekapte liggamsdele …
-
Lewe na ‘n taxirit
‘n mede passasier het my ‘n lewendige hoender aangegee








