Afrikaans
-
Heidi was op en die hele wereld het gaan staan…
Ha ha ha, oor einste Heidi het ek my seerste pakslae gekry en nooit leer klavierspeel nie! Sien ek moes as kind klavierlesse neem by ‘n nare tannie met so optrek-kam stywe bolla. Sy was gek oor haar liniaal en kon baie akuraat my vingerkneukels raak-raps. Elke keer as ek moes klas toe gaan, het…
-
Ek is ‘n belofte aan ‘n sterwende man
Hoe kan ‘n “sonder die stingel gebore” met mansname geseën word? Op my tyd het ek self al ‘n vroumens Pieter, Peet, Jake’s en Ossewania ontmoet. Sekerlik het die oorlogtyd en konsentrasiekampe die oumense na uiterste naamgee gedryf. Destyds, in die maerjare van die neëntien-sestigs op Standerton, het ek ook my aardige naam gedêps. Ontbyt…
-
As jou kompas se punt skuif.
‘n Mede Suid-Afrikaner vertel my, hulle is nou na twee jaar, kláár met kontrakwerk in Afrika – vir áltyd. In enkele dae, vertrek hulle na die Ooste. Volgens haar sal sy níks van Accra mis nie. Ek gooi my geoefende oogrol. Sy besef nog nie hóé Accra aan jou grille skuur nie. Elke plek wat…
-
Géén Kiekies nie….Sierra Leone
Alhoewel ek die skriffel nou eers plaas, was hierdie besoek in April 2014. ‘n Paar maande voordat die Ebola ding ontplof het… Wie sou nou kon raai – ons vlug na Freetown (Sierra Leone) is so te sê net Afrikaans. Vaal vellies, kortbroeke met die Ons-kán-kamp-K-way-blertsie op die baadjie en ‘n koue biertjie in…
-
So Hop-hop oor Afrika
Net verlede week spoor ‘n langlaas skoolvriendin my op met vandagse elektroniese sosiale-media foefies. Haar boodskap lui ons tweetjies moet gaan koffie drink in die Ooste van Pretoria, (my tuisdorp) en effe opvang om die spasie van 28 jaar in te kleur. My eerste gedagte is dat sy pas geskei is en mylpale of skatte…




