Afrikaans
-
Ek slaat jou vrek!
https://scrapydo2.wordpress.com/2015/10/14/toeka-tokkel-no-43-badtydwater/ …oor water Ons oorleef ons derde kontrak in Akkra, en vier jaar in Ghana het weer verby geglip. Hierdie plek is ‘n miernes van bedrywigheid. Daar woon immers vier miljoen mense in dieselfde stad as ek! Tans is hier is ‘n nuwe intrekker vanaf Holland in Akkra, ek is ougat en wys haar so…
-
Mode grille, en poeding-walletjies…
Volgens I Scrap skriffel ek hierdie week oor mode(s) In Akkra sien jy gou as iemand nuut aanland. Hulle wikkel ongemaklik in satyn, poliëster, chiffon klere wat soos kondome aan hulle lywe vasplak. Nuwelinge staan uit soos ‘n paal bô water- soveel so, dat die lokale mense verwys na nuwelinge as “Johnny just come”. Binne ‘n…
-
Vêr plekke, vreemde bekendes …
Al ooit gewonder hoekom nuwe getroudes op wittebrood ‘weggaan’ na ‘n vreemde plek? Dis sodat hulle vreemde grille na vore kan kom en die huwelik se gestryery in alle erns kan beginner! Akkra het sy eie versameling van mense wat heeltemal buite karakter optree. Swembad chloorpille kan jy maar afdruk, maar dis ‘n kwessie van…
-
Yak…yak…yak
Hier in Akkra het almal ‘n opinie oor als. Vergeet van sin maak – die een wat ‘n onderwerp die meeste kan uittorring is voor die handliggend die een wat ‘die meeste daarvan weet’! Daar’s rooimiere in my holle. Ek weet net nie meer, hoe om te fake dat ek luister nie. Sy kop wieg…
-
Monrovia toe vir ‘n “joy-ride”
‘n Mens kan sommer baie leer by ‘n hond. Goete soos lê en dut in die son. Drink baie water. Vat ‘n joy-ride elke kans wat jy kan! My Ouma was reg toe sy sê ek is nes ‘n Maltees-hond: As die wiele draai – dan wil ek saam vir ‘n “joy”-ride. So gebeur dit…
-
Wys my jou ore…
Oumense weet hoe om goeters op te gaar. Toenterjare werk ek agter ‘n toonbank in die Britse paspoort afdeling in Akkra. Nou sien, Ghana was mos ook ‘n Britse Kolonie, en daai tyd het hulle honderde-der-duisende Wes-Afrika boorlinge geleerdheid gegee in Britanje. Heeltemal gratis en verniet. Hulle het mekaar gevind, oor die water, kinners by…
-
‘n Mieliestronk om mee te krap
Ag nee, die kamatigge slimmes het nou die pot misgesit! Ek lees dat die wet in RSA goedgekeur is dat kinders tussen twaalf en vyftien wettiglik met mekaar kan seks hê. Voorheen was dit verkragting van ‘n minderjarige. Die ouderdoms verskil moet net nie meer as driejaar wees nie…wie dink hierdie stront uit? Kan ‘n…
-
Demmit-polisterien is belangrike goeters!
Hier in Ghana is my man soos elke ander ou wat werk toe gaan, druk besig. Hy is in vergaderings en gedurig weg met aller belangrike sakereise na vreemde plekke. ‘n Blink nuwerwetse streeppak Mr. Juppie besoek Akkra. By ‘n besigheidsete vertel hy hoe erg besig is hy en sy dokters vroutjie. Uit so misterieuse…
-
Duiwel is so listig
Soms dink ek die lewe is ‘n pokerpotspel. Jou hand word gedeël, en daarmee moet jy speel. Is geluk aan jou kant, kry jy nog ‘n kans met nog ‘n kaart, anders is jou opsies, vou of bluf. So bekyk ek van die spelers om my. Die beste kaarte dink ek is die met die…
-
Tien-jaar se reën
Vir dae reeds reën dit onophoudellik- gemiddeld vyf ure se reën per dag. Die groot tien-jaar-se-reën is hier. Elke tien-jaar reën dit hier in Akkra, soveel so; dat mense vir ‘n dekade later vir hulle kinders daarvan vertel. In die loop van ‘n paar dae is die totale reënval meer as twee jaar se gesamentlike…









