Afrikaans
-
Wees stil en weet ek is met jou
Voor hy dood is het ek een ding geweet, sy kinders as sy alles. Sy grootste trofee, sy hart se trots. Sy rots. Sy eerste gedagte met sonopkoms en sy laaste gedagte op sy kussing. Beide my broers is gesny op dieselfde skoenlees. Lyk op ‘n druppel net soos hy. Die oudste het dieselfde hare,…
-
Oumense wat jou ‘inprop’…
Hier langs my, hang ‘n verlepte tiener in in die bank van KFC; sy kop hang onder neon-kleurige bobbel oorfone – dis nie ingeprop nie want die punt hang op die teëlvloer. Die kind kan enige oomblik smelt in sy stoel, en afglip tot ‘n bondel wasgoed op die vloer. Sy oë staar maar sien…
-
‘n Handvol krummels en bekvol fluit…
Ons is vars terug van ‘n twee weke besoek in Namibië. In my hart voel ek weer rustig want terwyl ek weg was, het ek tog my Ghana huisie gemis. Natuurlik sal ek nie waag om so iets aan iemand te noem nie. Hulle dink reeds my bont varkie is nie meer op hok nie.…
-
Die ketel se sing…
Die talente ding pla my. Om my is daar damesgroepe wat Ghanalap versnipper met rolsnyers en weer behendig in patrone aanmekaar werk vir laslaphandsakke. Ek staar oopbêk – te mooi vir woorde. Ander ontmoet voormiddae, tel, plan, ryg en toor die allermooiste Ghanakralewerk aanmekaar. Nog ‘n groep is besig om ‘n kookboek aanmekaar te spoeg…
-
Negentien en twee
Trou is nie perdekoop nie, maar as jy Ghanees is, betaal jy vir die perdekar ook. ‘n Vrou kan sewe-en-dertig wees, met ‘n kroos van vier, voordat sy haarself einde te laas voor die kansel bevind. Huweliksmaats word soms deur families gekies, as jy gelukkig is, word jy darem geken in die saak. Hier in…
-
WYK…SATAN!!!!!!!!
Deur Rina Stadler Op sy stil streng manier het my oupa Tjoekies onwetend n groot rol in my lewe gespeel. Tjoekies…..nie omdat hy in die tronk was nie, maar in sy jonger dae n masjinis. Vandag dink ek met soveet teerheid en liefde aan oupa. Oupa met sy snyerspak,wit hemp,bypassende das,Drakes skoene,sambreel en bol hoed. Oupa…
-
See Piranhas
Soos die kraai vlieg, is ons net vier kilometer vanaf die see, waar ons in Akkra woon. Dis te vêr om die branders se breek te luister en die seebries te ruik, maar naby genoeg om eetgerei in die laai te roes. Sleutels wat in kasdeur of deurslotte gelos word, roes rotsvas in ‘n ommesientjie.…
-
Duur Katkoop
Outyd in my Ouma kombuis, het sy ‘n wysheid kwytgeraak terwyl ons ertjies sit en uitdop. Vandag deel ek dit sonder die nodige ertjie-uitdop-proses. Sy vertel; moet nooit ooit ‘n klein katjie verniet aanvaar van iemand nie. Al betaal jy nét vyf sent, betaal tog net ietsie alvorens daai kat jou nog op die ou…
-
As die kasdeure oophang
My se gatvelle het gebrand as ek na donker nog op straat gespeel het. Doei tyd was kinnertjies veilig om te speel totdat die straatligte aangekom het. Dis nou lank voor Zuma ons straatligte afgeskakel het. Praat van ligte aan- en afskakel – annerkand die seewater brand blink liggies soos glinsterende diamante. Is mense maar…
-
Wanneer Afrika jou breinspoel
As Ghana se toerisme ouens hierso oopoog was, het hulle die 90 dae besoekers visum fooi van R 1539 heeltemal afgeskaf. Partykeer verblind daai dollar tekentjies die toekomsblik op meer toeriste se dikker beursies. Daar is natuurlik wandelende Engele al om ons. Ons noem hulle ‘volunteers’. Hulle betaal groot geld om in klein statte tydelik te…









