Afrikaans
-
Kerktannies se fluisters…
Destyds is ons sommer baie tyd gegun om smoorverlief te wees. Ons het ons knieë nerwe deurval vir die krieketspelers met ‘n kuiltjie en so, wip in sy kuif. Te ougat as hy jou eendag met so rasperstem vra om te gaan fliek. Daaityd se manne het gewéét hoe om vlerk te sleep. Sien; TV en rugby…
-
Mauro Prosperi …fluister sy naam – hy het woestynkoors.
Partykeer lees ek van mense, en dit laat my stil. Soms vir dae lank. So lees ek van Mauro Prosperi. Mal Italianer, ‘n tienkamp atleet wat daarvan hou om aan Ultra Maratons deel te neem. Toe hy nege-en-dertig jaar oud was (1993), – in die Sahara woestyn, gedurende Marathon des Sables tref ‘n sandstorm. En…
-
Ek verdien my Parlotone maskarastrepies …
In Akkra is daar net ‘n dun doringdraad tussen en ons en die hel. Daars seker warmer plekke, maar Akkra is heel naaste aan die nul-nul lengte en breedte grade. Hier beleef jy sonskyn en ‘n drup humiditeit. Sodra jy aanland op die lughawe weet jy hier kom sports sodra die vliegtuig venstertjies toe-wasem. Dan…
-
Kies nuwe Kaktusdorings …
Mense kom oor jou lewenspad; party as heuning en ander as bye. Sommiges leer jou ‘n lewensles, ander leer jou so ietsie van jouself, die wonderlikes laat herinneringe wat jy koester. Daar is ook dié wat soos kaktusdorings jare kan neem om uit jou gestel te sweer. Van ons wat gelukkig genoeg was om in…
-
Kleinmannetjie sindroom …
My Pa was loshande ‘n witwarm Omie op sy dag. As kind het ek die aller heiligste ontsag vir hom gehad. Hy het net één ernstige reël gehad: Jy vrek eerder maar lieg môg jy nooit vir my Pa nie. Hy sou my kon red vanuit die wreedste tronk as dit moes, maar boeta, jou…
-
Meng nou saam; goggas en diamante…
Ek reken die vervaardigers van die realiteitsprogram “Come Dine with Me” verdien ‘n Oscar toekenning. Vir dié wat droogbek uitgemis het tot nou; dis wanneer vier wildvreemdes; in vier aande, oor en weer aansit vir ‘n driegang ete by mekaar, aan huis. Hulle streke word op kamera vasgelê en elkeen gradeer vanuit tien punte die gasheer…
-
Daars twee soorte “bitter balle”…
Oplaas is ek en my gesin op vakansie. Kyk Boeta, vir aerie-ry ĺn en óm Afrika gaat jy hóés; so vir dieselfde geldjie in die hand naar huis; fladder ons in grênd styl na Europa! Ná die visa ouens eers góéd met ‘n mens gemors het – moet jy beslis hare op jou tanne hê…
-
‘n Muntflip om Huis–huis te speel.
In ‘n eetplek, sit ek ‘n huilmammie en haar twee kleuters en beloer. Mammie snik in die foon en Ousus sit grootoog en omkyk wie stap by die ingang in en uit. Kleinsus pluk koponderstebô haar pop se geelplastiek hare uit. Heimlik wonder ek of sy ‘n bokspophuis het, en of sy ook huis-huis kan…
-
Die kleur van vraag en aanbod is GEEL…
Geel houers is ‘n teken dat een of ander oorbetaalde politieke vark aangejaag het.









