kinders
-
Swiets vir Krismis
Tumi voel haar boude word lewendig opgevreet deur ‘n nes vol rooimiere. Twee ure se stilsit maak so met haar spykerskerp boudjies. Sy ruik haar uitpeuloog tante sweet, sien haar swaar asemhaal, en skuifel weer in die harde plêstiek kerkstoel. ‘n Sakdoek of handwaaier help effens teen die sweet, maar haar tante rol haar wit-oog-kyk…
-
Grootmens-skoene
Die dag het gekom dat ek eendag my eie oë uitvee en daar sit ek met ‘n man en my eie twee kinders. “Goeie gom!”, om my kinders groot te kry was ‘n 18-jaar gebedssaak. Soos vele ander het dit so bekoorlik gelyk om tog net groot te wil wees. Daar was dae wat…
-
‘n Mieliestronk om mee te krap
Ag nee, die kamatigge slimmes het nou die pot misgesit! Ek lees dat die wet in RSA goedgekeur is dat kinders tussen twaalf en vyftien wettiglik met mekaar kan seks hê. Voorheen was dit verkragting van ‘n minderjarige. Die ouderdoms verskil moet net nie meer as driejaar wees nie…wie dink hierdie stront uit? Kan ‘n…
-
Wees stil en weet ek is met jou
Voor hy dood is het ek een ding geweet, sy kinders as sy alles. Sy grootste trofee, sy hart se trots. Sy rots. Sy eerste gedagte met sonopkoms en sy laaste gedagte op sy kussing. Beide my broers is gesny op dieselfde skoenlees. Lyk op ‘n druppel net soos hy. Die oudste het dieselfde hare,…
-
As die kasdeure oophang
My se gatvelle het gebrand as ek na donker nog op straat gespeel het. Doei tyd was kinnertjies veilig om te speel totdat die straatligte aangekom het. Dis nou lank voor Zuma ons straatligte afgeskakel het. Praat van ligte aan- en afskakel – annerkand die seewater brand blink liggies soos glinsterende diamante. Is mense maar…
-
Sterftekennis en doeityd se doodsfeite…
‘n Wildvreemde skrywer pas my (met epos) die annerdag, in sy familieboom in, ek, met al my manne-familename. Daardie legkaartstukkie het my aan die boombou gekry. Natuurlik nie sommer ‘n plakboek ding nie, maar ‘n rêrige ernstige familiestamboom. Vannerselwe is dit onnodig om die wiel te herontwerp, so snuffel ek net op internet. Daar vind…
-
‘n Muntflip om Huis–huis te speel.
In ‘n eetplek, sit ek ‘n huilmammie en haar twee kleuters en beloer. Mammie snik in die foon en Ousus sit grootoog en omkyk wie stap by die ingang in en uit. Kleinsus pluk koponderstebô haar pop se geelplastiek hare uit. Heimlik wonder ek of sy ‘n bokspophuis het, en of sy ook huis-huis kan…





