Malaria
-
Wys my jou ore…
Oumense weet hoe om goeters op te gaar. Toenterjare werk ek agter ‘n toonbank in die Britse paspoort afdeling in Akkra. Nou sien, Ghana was mos ook ‘n Britse Kolonie, en daai tyd het hulle honderde-der-duisende Wes-Afrika boorlinge geleerdheid gegee in Britanje. Heeltemal gratis en verniet. Hulle het mekaar gevind, oor die water, kinners by…
