Moeder
-
Daai ‘wesselien’…
Die weer is aan die verander en my Vrystaat-man vra ek moet ‘n room in die winkels gaan soek vir sy elmboë en droë vel. “Maar nie daai ‘wesselien’ stront nie.” Dis blykbaar nie geskik vir manne wat staan en piepie nie. “Ni-vee-a” is veilig, solank dit geen sweempie van parfuum te bespeur het nie,…
-
Kies nuwe Kaktusdorings …
Mense kom oor jou lewenspad; party as heuning en ander as bye. Sommiges leer jou ‘n lewensles, ander leer jou so ietsie van jouself, die wonderlikes laat herinneringe wat jy koester. Daar is ook dié wat soos kaktusdorings jare kan neem om uit jou gestel te sweer. Van ons wat gelukkig genoeg was om in…
-
Ek is ‘n belofte aan ‘n sterwende man
Hoe kan ‘n “sonder die stingel gebore” met mansname geseën word? Op my tyd het ek self al ‘n vroumens Pieter, Peet, Jake’s en Ossewania ontmoet. Sekerlik het die oorlogtyd en konsentrasiekampe die oumense na uiterste naamgee gedryf. Destyds, in die maerjare van die neëntien-sestigs op Standerton, het ek ook my aardige naam gedêps. Ontbyt…


