Namibia
-
Dertig-rand se verskil.
Op langpad moet mens aftrek en op die bossies piepie. Woestynlangs is nie veel koelte nie. Ek skrik sommer my piepie droog want langs die draad is neffens ‘n roering. Daar waar ons afgetrek het, sit reeds ‘n ouman. In die gruisklip tussen sy vlenter skoene lê ‘n blikbord met paar klipkristalle. Mense uit ‘n…
-
Silverkoppies vier Kersfees met hannevashou.
Een daggie voor Kersfees, maar vandag vier die Duitsers van Windhoek hulle Kersfees. In ‘n supermarkkoffiewinkel wyl ek my tyd totdat my kind klaarmaak met sy werkery. Darem net halfdag vandag. Besig soos ‘n miernes is Windhoek net ‘n klein dorpie. Dis een lewendige TV-sepie, diedselfde mense oor en oor, ander plek, dieselfde plek,…
-
Ek ken ‘n tweegatjakkals op ‘n myl…
http://www.timeslive.co.za/entertainment/2014/10/28/blacks-were-the-architects-of-apartheid-hofmeyr Ek is heel gemaklik in my witvel, dankie. Party sluk nou hulle kleintongetjies in, dis reg, ons móét met trots kan praat van witmense en mý witvel en mý witgevoelens. Dis nié rasisties nie, rasisme is; om jouself of jou volk of tradisie as superieur te vergelyk met ‘n ander ene sin. Sestig jaar…
-
So Hop-hop oor Afrika
Net verlede week spoor ‘n langlaas skoolvriendin my op met vandagse elektroniese sosiale-media foefies. Haar boodskap lui ons tweetjies moet gaan koffie drink in die Ooste van Pretoria, (my tuisdorp) en effe opvang om die spasie van 28 jaar in te kleur. My eerste gedagte is dat sy pas geskei is en mylpale of skatte…



