Ouma
-
Oop-oog en spoegbek
Wanneer hulle nie eet nie, drink hulle…
-
Oupa Vrystaat en Kakkerlak…
My Oupa se sweep het agter die deur aan ‘n hakkie gehang. Een dik en een dun punt het die vloer so kieliestreep getrek wanneer die deur toeswaai. Almal het geweet Oupa se sweep-swiep was vinniger as slangpik en harder as geweerskootklap. Die dorp en Kerkraad het in fluisterstemme geskinder van Oupa wat vir…
-
Oefening
Die geheim was om te bly oefen…totdat ek dit kon regkry.
-
‘n Mieliestronk om mee te krap
Ag nee, die kamatigge slimmes het nou die pot misgesit! Ek lees dat die wet in RSA goedgekeur is dat kinders tussen twaalf en vyftien wettiglik met mekaar kan seks hê. Voorheen was dit verkragting van ‘n minderjarige. Die ouderdoms verskil moet net nie meer as driejaar wees nie…wie dink hierdie stront uit? Kan ‘n…
-
Demmit-polisterien is belangrike goeters!
Hier in Ghana is my man soos elke ander ou wat werk toe gaan, druk besig. Hy is in vergaderings en gedurig weg met aller belangrike sakereise na vreemde plekke. ‘n Blink nuwerwetse streeppak Mr. Juppie besoek Akkra. By ‘n besigheidsete vertel hy hoe erg besig is hy en sy dokters vroutjie. Uit so misterieuse…
-
Oumense wat jou ‘inprop’…
Hier langs my, hang ‘n verlepte tiener in in die bank van KFC; sy kop hang onder neon-kleurige bobbel oorfone – dis nie ingeprop nie want die punt hang op die teëlvloer. Die kind kan enige oomblik smelt in sy stoel, en afglip tot ‘n bondel wasgoed op die vloer. Sy oë staar maar sien…





