See
-
Bont lap en baie talent
My vriendin Emsie nooi my op die ingewing saam na Swakopmund se COSDEF sentrum. Wanneer mens Swakop inry vanaf ons binneland se kant, dan kan jy dié plek nie misry nie. Een enorme bont stapel van geboue toring trots asof dit stof van die woestyn afgeskud het en gemaak staan is. Emsie is reeds…
-
Tien-jaar se reën
Vir dae reeds reën dit onophoudellik- gemiddeld vyf ure se reën per dag. Die groot tien-jaar-se-reën is hier. Elke tien-jaar reën dit hier in Akkra, soveel so; dat mense vir ‘n dekade later vir hulle kinders daarvan vertel. In die loop van ‘n paar dae is die totale reënval meer as twee jaar se gesamentlike…
-
See Piranhas
Soos die kraai vlieg, is ons net vier kilometer vanaf die see, waar ons in Akkra woon. Dis te vêr om die branders se breek te luister en die seebries te ruik, maar naby genoeg om eetgerei in die laai te roes. Sleutels wat in kasdeur of deurslotte gelos word, roes rotsvas in ‘n ommesientjie.…


