Uber
-
Veldblom leen ‘n blaadjie
Vanoggend voel ek minder roos en meer veldblommetjie. Net na nege en dis reeds 32 grade selsius, hierdie hitte smelt my grimering en maak dans walms op mouters se bakwerk. Hierdie über moutertjie se lugversorger is lankal kapoet en die vensters hang halfmas oop. In slak verkeer kan ek rustig terugsit en die bont spul…
-
So effe anders
Sodra mens geforseer word om stil te sit het jy skielik miere in jou holle. Nou ja, as die wiele draai dan wil ek soos Malteeshond saamrits. Die skok op my sisteem wanneer ons land in Dubai… Mapstieks die temperatuur kwik slaat vas op 28 en dis net voor 6am toe ons land. Ons is…

