Wes-Afrika
-
Haas-en-hond
Ek is nooit toegesluit met niemand nie – so my kans op vernoeming is zero.
-
Mode grille, en poeding-walletjies…
Volgens I Scrap skriffel ek hierdie week oor mode(s) In Akkra sien jy gou as iemand nuut aanland. Hulle wikkel ongemaklik in satyn, poliëster, chiffon klere wat soos kondome aan hulle lywe vasplak. Nuwelinge staan uit soos ‘n paal bô water- soveel so, dat die lokale mense verwys na nuwelinge as “Johnny just come”. Binne ‘n…
-
Wys my jou ore…
Oumense weet hoe om goeters op te gaar. Toenterjare werk ek agter ‘n toonbank in die Britse paspoort afdeling in Akkra. Nou sien, Ghana was mos ook ‘n Britse Kolonie, en daai tyd het hulle honderde-der-duisende Wes-Afrika boorlinge geleerdheid gegee in Britanje. Heeltemal gratis en verniet. Hulle het mekaar gevind, oor die water, kinners by…
-
Die ketel se sing…
Die talente ding pla my. Om my is daar damesgroepe wat Ghanalap versnipper met rolsnyers en weer behendig in patrone aanmekaar werk vir laslaphandsakke. Ek staar oopbêk – te mooi vir woorde. Ander ontmoet voormiddae, tel, plan, ryg en toor die allermooiste Ghanakralewerk aanmekaar. Nog ‘n groep is besig om ‘n kookboek aanmekaar te spoeg…



