Wifi
-
Silverkoppies vier Kersfees met hannevashou.
Een daggie voor Kersfees, maar vandag vier die Duitsers van Windhoek hulle Kersfees. In ‘n supermarkkoffiewinkel wyl ek my tyd totdat my kind klaarmaak met sy werkery. Darem net halfdag vandag. Besig soos ‘n miernes is Windhoek net ‘n klein dorpie. Dis een lewendige TV-sepie, diedselfde mense oor en oor, ander plek, dieselfde plek,…
-
As jou kompas se punt skuif.
‘n Mede Suid-Afrikaner vertel my, hulle is nou na twee jaar, kláár met kontrakwerk in Afrika – vir áltyd. In enkele dae, vertrek hulle na die Ooste. Volgens haar sal sy níks van Accra mis nie. Ek gooi my geoefende oogrol. Sy besef nog nie hóé Accra aan jou grille skuur nie. Elke plek wat…

