Sodom en Gamora


My vriendin en ek gaan besoek toe Agbogbloshie in Akkra.  Dis boendoes toe – vir dié wat wonder waar dit is. Dis ‘n plek soos geen ander nie.  Vrouens dra vragte in die mark rond op hulle koppe. Die draers se straatnaam is “Kayaye”. Hulle verdien so vyftig rand (ZAR) per dag, waarvan hulle R25 per aand moet betaal om soos hoenders op ‘n bondel te slaap in ‘n kamer.  Die wat op straat in stegies of onder lorries slaap, staan ‘n groot kans om verkrag, beroof of aangerand te word.  Baie van die vrouens het piep klein kinders met hulle. Kinderdiefstal is algemeen.

Kayaye vrouens in Accra se Yam Mark dra swaar vragte op hulle koppe rond.
Kayaye vrouens in Accra se Yam Mark dra swaar vragte op hulle koppe rond.

Kayaye-vrouens kom na Akkra, vanoor die hele Ghana, vir verskeie redes.  Droogte, geweld, armoede, gesins tragedie, seksuele teistering, noem maar op, die lys is eindeloos.

Hulle almal hoop om in die groot stad van Akkra ‘n beter lewe te vind, maar besef gou dat hulle tussen vier miljoen ander Afrikane moet kompeteer vir ‘n aalmoesie.

Kayaye Ladies

Die geld wat hulle verdien stuur hulle terug na waar hulle vandaan kom. Sommige woon vir jare in hierdie haglike omstandighede en bly geld terugstuur. Almal droom van ‘n beter toekoms. Ons kom af op ‘n NGO wat van die Kayaye oplei as kleremaaksters en haarkappers.  Dis ‘n piep klein warm verterk met plek vir ses masjiene. Almal is doenig en aan die stik. Musiek blêr en dit klink soos vinke in ‘n boom soos wat almal gelyk gesels.

Plek vir ses naaldwerkmasjiene
Plek vir ses naaldwerkmasjiene

Te danke aan die NGO’s se werk – word Kayaye vrouens aangemoedig om terug te gaan skool toe.  Die skole neem hulle kinders gratis in.  Skole is beknop met maklik 80 skoliere in ‘n enkele bloedwarm hout vertrek.  Ons het drie skole sommer in ‘n klipgooi vanaf mekaar besoek.  Hulle was stampvol, oorvol.

Skool
Kayaye, en hulle kinders word aangemoedig om terug te gaan skool toe.
Trotse Kleremaakster
Trotse Kleremaakster

Hierdie kleremaaksters is trots en kan nie wag om terug te gaan en te werk en ‘n beter verdienste te maak in die statte waar hulle vandaan kom nie. ‘n Opleidings kursus neem twee jaar om te voltooi.

Ietwat van 'n ander perspektief
Ietwat van ‘n ander perspektief

Verbasend genoeg is daar vars gewaste wasgoed wat uithang, in ‘n plek sonder lopende water of spoel toilette nie.  Natuurlik hang my kop in skaamte oordat ek so aangaan oor die ‘kwaliteit’ van water wat in my huis vrylik uit krane loop.

Die vrouens is aan die giggel en deel grappies. Daars hoop.  Hoop dat dit nie vannag sal reën nie.  Hoop dat hulle kinders skool  opleiding sal ontvang. Hoop dat hulle baie vragte sal kry om rond te dra. Hoop dat hulle genoeg geld kan huistoe stuur.  Hoop dat hulle tyd hier sal kortstondig wees. Hoop dat hulle iets anders in die nabye toekoms sal kan doen om mee geld te verdien.

Kayaye Glimlag
Ten spyte van hulle omstandighede, is hulle besig om grappies te deel

Party rus of deel ‘n ete terwyl hulle sommer net so sit in hulle blikskottels.  Sommiges lê en slaap op sakke Yams (wortel groente amper soos patat) of onder lorries. Die meeste hol soos miertjies eindeloos op en af met bondels vrag wat hulle tussen mense en elektriese kabels deur manoever.

Rus
Hulle deel ‘n ete terwyl hulle sommer so sit in hulle blikskottels

Die NGO wat hulle help is Muslim.  Alle Muslims is nie sleg  en boosaardig nie.

Hoe bevoorreg het ek nie gevoel nie – Ek kon huistoe gaan en die vuil van my voete afwas.

Kayaye vrouens in Accra se Yam Mark dra swaar vragte op hulle koppe rond.

17 responses to “Sodom en Gamora”

  1. Daniel, jou skryfstukke is absoluut motiverend!
    Klink of jou avontuur elke dag Bietjie-by-bietjie ontdooi.

    Wonderlik!

    Liked by 1 person

    1. Dankie, as ek die fotos so kyk dink ek dat ek my kop moet laat lees…maar ja, het baie om voor dankbaar te wees.

      Liked by 1 person

      1. Ek stem met jou 100% saam, alhoewel baie min mense die geleenthede het om soos jy ‘n avontuur te kan uitleef en daaroor te kan skryf !

        Liked by 1 person

  2. Ek is nou in ‘n diep depressie oor wat ek hier sien en nou’s ek sommer kwaad ook, En dit oor ‘n bitter klein groepie magsbeheptes, wat die ganse wêreld manupileer tot dit wat hier wys.

    Liked by 1 person

    1. Nee wat, elkeen doen maar wat hy/sy kan. Daai magsbeheptes sal nog verrekening moet lewer…dan sit hulle selvers nog in ‘n plek net soos die, net heelwat warmer en heelwat langer.

      Liked by 2 people

  3. Dankie, dit laat mens weer van voor af besef hoe baie jy het om voor dankbaar te wees, elke dag. Dit maak ‘n mens weer nederig om te dink dat ander baie swaarkry en steeds ook dankbaar is vir die bietjie wat hulle het.

    Liked by 1 person

  4. Pragtig geskryf, dit is altyd so lekker om oor ander plekke in die wereld te kan leer en ook soms te besef dat jy dankbaar moet wees oor wat jy het.

    Like

  5. Jinne Daniel, wat ‘n prag-artikel. En hoogs interessant. Dankie. Ek weet net nie hoe veilig julle was nie?

    Liked by 1 person

    1. Dankie, heeltemal veilig. Ons staan so uit daarso dat niemand waag om ons skeef te kyk nie. ‘n Paar nuuskieriges heet ons erg bekyk. Die vrouens was woes vriendelik, het gekloek en gekoer al om ons. Selfs die chief van die Village het als op ys gesit en ons eers ‘ontvang’. Miskien sien hy net dollar ‘signs’ sal nooit regtig weet nie! Maar niemand sal ons leed aandoen nie. Hulle was net te dankbaar ‘die buite wereld’ stelbelng. Want dn vloei die USD in die regte rigting…Ons maak nou geld bymekaar om 100 vrouens op te lei as kleremaaksters en haarkapsters.

      Liked by 1 person

      1. Spokie sny spoor Avatar
        Spokie sny spoor

        Wow – ongelooflik.

        Liked by 1 person

  6. Ai ek kry sommer ‘n knop in die keel … ek sit met die witbroode onder arm.

    Dankie vir die aangrypende artikel

    Like

  7. So ‘n bietjie perspektief en hopenlik karaktergroei saam met foto’s gekry. Die dames lag en maak grappe, hulle laat nie toe dat die lewe hulle onderkry nie. Hulle is steeds mammas wat die beste vir hul kinders wil hê. Daar is altyd hoop vir die toekoms.

    Liked by 1 person

  8. Weet jy wat my opval aan hierdie Afrika-vroue is die innerlike krag waarmee hulle opstaan en doen wat hulle moet doen om hulle families te versorg. Hulle neem doodeenvoudig beheer oor hulle eie lewens en lééf dit. Dis veral opmerklik waar hulle kinders het.

    Liked by 2 people

    1. Jy slaan die spyker op sy kop Hester. Partykeer winder ek wat is die manne se doel hierdo. Vandat hulle nie kan jag nie, wn ek verwys na bokkies op die hoef, sit hulle net in die sonnetjie en slurp phuza. Vrouens werk in die lande, versorg kinnertjies, verkoop pasteie en vrugte van houttafeltjies af…muskien het die manne effe ‘gekastreer’ ?

      Like

      1. Ek vermoed in Afrika het dit nog altyd so gewerk. Die idee dat die man moet sorg vir die gesin is meer Europees van oorspong.

        Like

Leave a comment