‘n Handvol krummels en bekvol fluit…


Ons is vars terug van ‘n twee weke besoek in Namibië. In my hart voel ek weer rustig want terwyl ek weg was, het ek tog my Ghana huisie gemis. Natuurlik sal ek nie waag om so iets aan iemand te noem nie. Hulle dink reeds my bont varkie is nie meer op hok nie. Almal het maar hulle week se roetine. Myne sluit in koffiedrink op die stoep en fluit vir die pappegaaie. Hulle fluit terug vir my…rêrig!

Ligdag is net na vyf in die oggend. Slaap is my nie meer beskore nie, want ‘n swart voël tik met sy geelbek aan my venster. Dis nie omdat hy sy weerkaatsing bewonder nie – hy’s lekkerbekkig! Vroegoggend vroetel ek in die kombuis vir ‘n ‘n handvol krummels, voëlsaad en pap vrugte. Met my bedkop, pienk japon en tossel pantoffels sluip ek koffie in die een hand na die stoep. Voor my stoep is die ‘peanut gallery’ reeds besig om op en af te stap en wip van ongeduld. Twee dik duiwe, ‘n paar windgat mossies, en verbouereërde vinkies hop rond in agwagting vir hulle buffet. Ek wonder of hulle elke dag gewag toe ek landuit was? Dis die eerste oggend terug en hulle wag my in – stuur hulle ‘n bosboodskap vir mekaar “hoop-hoop sy’s terug?” Hoe weet daai swartvoëltjie waars my slaapkamer venster?

Die pappegaaie kry hierdie week se vrugte wat aan die afgaan is. Hulle is neus optrekkerig, want hier is honderde mangobome watse takke swaar dra onder hulle vruglading. Drie jaar reeds bekyk ons met verwondering die African Grey rooistert wilde pappegaaie wat broei in die dak. Google sê hulle vrek wanneer hulle advokado’s eet en kan tussen sestig en tagtig jaar oud word. Daars reeds agt pare gaaie wat konstant om ons draai en ons koggel. Wanneer ons in die swembad is, fluit hulle hoog vanaf die dak en vlieg lae draaie oor ons koppe wanneer ons nie genoeg na hulle sin deelneem aan die gefluitey nie. Hulle herken jou op ‘n lang afstand en skree opgewonde as jy uistap na jou mouter toe. Dan rol jy maar die venster af, en ruil ‘n paar fluite deur die venster voor jy wegtrek. Dis maklik om tred te hou want hulle bly bymekaarkom in ‘n groep. Onder hulle is ene wat definitief uit ‘n Suid Afrikaner se huis ontvlug het- want hy fluit Jan Pierrewiet en vloek soos ‘n matroos. Hulle en daardie groen Love Bird-gaaie is inheemse spesies hierlangs.

In slak-verkeer kom swaai straathandelaars verskrikte African Greys in piep klein draadhokkies voor jou mouter se vensters. Dit verg wil van staal om nie als te wil opkoop en vrylaat nie, maar soms is hulle so jonk dat hulle pas eerste vere wys.

Blerrie Voeltjie Mafia
Blerrie Voeltjie Mafia

Baie expats koop wel die pappegaai-kinners, sonder om te besef: ‘n lang verhouding is hulle nie beskore nie. Cameroons –die soort donker grys, rooi stert Wes-Afrika se pappegaaie is beskerm onder die CITES wetgewing wat bepaal dat hulle onder geen omstandighde oor landgrense verhandel of mag reis nie.

Hier naby woon ‘n Indiese vrou, sy “tsk-tsk” hoorbaar – elke keer wanneer ek voëls voer. Dis nie asof ek al ‘n verhongerde duif hierlangs sien nie, en daars zero risiko dat hulle my vinger gaan afbyt. Miskien weet sy dat dit wat opgaan, moet afkom, en pla die spatsels op haar stoep haar?

Dit wat opgaan moet afkom
Dit wat opgaan moet afkom

Ek het ‘n spelerige geel streepkat sonder voëlvang talent. Sy boer op my stoep en die voëltjies so op haar voorstoep verskaf ure se vermaaklikheid. Die bonus is daars geen voëlmis spatsels op mý stoep nie.

Kattie in voëlvang 'mode'
Kattie in voëlvang ‘mode’
Gaaie In die bome

15 responses to “‘n Handvol krummels en bekvol fluit…”

  1. Ja sulke voëls word later soos kinder. Gaan alles goed in Namibia?

    Liked by 1 person

    1. Mmmm my hart se punt trek maar. Die kinners nodig my nie – al wil ek hoe graag hulle moet! Ons bou lugkastele en maak planne oor stoepbou en plank vloere…

      Liked by 1 person

      1. Ek glo dit Hulle verlang darem net so veel soos jy!

        Like

  2. awwwww ek is mal oor diere en wens soms daar was meer oggend kwetter hier in die stad. Soms hoor ek darem ‘n tarentaal, hadeda of pou… maar net soms

    Like

    1. Weet jy ek het jare laas in Pretiria ‘n Hadidaah grsien en gehoor. Daai tyd het ek hulle so vanselfsprekend ervaar maar daars geen in Namibia of Akkra nie! Tarrentale wel… Hier Akkra is baie wat hulle soos hoenders in hulle tuine aanhou en dan verbaster hulle vere kleur amper spierwit sonder spikkels…

      Liked by 1 person

      1. Hier waar ek bly in Magalieskruin is die hadedas nogal vollop.

        Haai ek sal graag ‘n wit Tarentaal wil sien! Freaky!

        Like

      2. Soos spoke. Ek stuur n foto as ek kan

        Liked by 1 person

  3. Ek het jou blog weereens baie geniet! Ek het baie dieselfde ondervindinge gehad met die voels wat ek altyd in Windhoek gevoer het. Nou hier in Duitsland is die voels baie anders, al voer ek hulle, raak hulle nie so mak nie. Dalk is dit maar ‘n African ding, om so half vir kos te vra en dan ook meer mak te raak? 😉

    Liked by 1 person

    1. Ha ha defnitief ‘n Afrika ding dink ek…hoe meer ek gee, hoe meer vra hulle. Baie entertaining!

      Like

  4. Dis darem lekker om voëlsang rondom jou te hoor, en intelligent van hulle om jou wakker te maak! Net hartseer dat die wêreld sal handel dryf in al wat ‘n ding is wat sal geld maak, en wie daaronder ly is in hierdie geval die arme papegaaie.

    Liked by 1 person

  5. Hier in Perth het ons wilde black cockatoos, corellas (wat maar ‘n wit cockatoo is), en veral ghalas. Wat Afrika in grootwikd het maak Australië voor op in geveerdes.
    Dankie weereens vir lekkerlees.

    Liked by 1 person

  6. De vogels in mijn tuin krijgen geregeld van alles te eten.
    De kleurenpracht die zij meenemen is natuurlijk niet te vergelijken met wat bij jullie vliegt en fladdert.
    Maar het genot zal vergelijkbaar zijn.

    Overal heb ik nestkastjes hangen.
    Ik hoop daarmee te bereiken dat mijn tuin voor de tuinvogels ook een thuis is.

    Vogelvriendelijke groet,

    Liked by 1 person

    1. Te oulik (leuk). Het jy ook ‘n voëlkykboek? As die voëls eers broei kom dieselfde broeipare elke jaar weer. Deesdae sien ek vlinfervoerbottels oralste. En mense maak nou bye en wasp neste. Vlinfers ja maar ek is allergies vir bye so ek staan maar vêr

      Liked by 1 person

      1. Op verschillende plaatsen heb ik insectenhotels gemaakt.
        Allergisch voor insectenbeten ben ik gelukkig niet.

        Ja, ik heb boeken voor de meest voorkomende dieren in mijn omgeving.
        Op regenachtige dagen blader ik daar in.

        Terugkerende vogelparen geven ook mij extra plezier!

        Diervriendelijke groet,

        Like

Leave a reply to shadowwhisper Cancel reply