Soms dink ek die lewe is ‘n pokerpotspel. Jou hand word gedeël, en daarmee moet jy speel. Is geluk aan jou kant, kry jy nog ‘n kans met nog ‘n kaart, anders is jou opsies, vou of bluf. So bekyk ek van die spelers om my. Die beste kaarte dink ek is die met die fietse agterop, maar ander sit met lewenskaarte soos slimmigheid, kunstigheid, kookkuns, sporttalent, beeldskoonheid, smoustalent en sponaïteit.
‘n Buurman van my het die blinkste blês en meëgaande bierpêns, maar as daai ou straat-afstap; reken hy, hy’s meer sexy as George Clooney. So suksesvol is sy bluf, hy het teruggekom vanuit Dubai met ‘n langbeen Russiese-bom. Sy het haar beeldskone-lewenskaart uit. Buurman se extra speelkaart arriveer volgende maand as haar moeder se visa geprosesseer is.

Praat van iemand met ‘n meestersgraad in blufspel: Rachel Dolezal wat voorgee sy is van gemengde bloed, maar in haar hand is twee spierwit ouers! Daar’s nie pille vir domgeid nie, miskien speel sy haar smoustalent?
Van die Ghana spelers het sommer van speltafel verander en oorsee gaan sokkerspeel. Dis sekerlik nie kroek nie, mens wil tog sekerlik betaal word vir jou sokkertalent! In pokerpot word die deler ontstig as enige speler se skelmstreke ontbloot word- ons leer nou maar eers van FIFA se honderd-en-vyftig-miljoen se skelmstreep. Maak dit hulle nou “All of a Kind”, wat “Flush” willekeurig bakhandgestaan het vir die laaste vier-en-twintigjaar? Seker maar fluit-fluit hulle storie is uit, of het slim nou sy baas gevang? Anders as RSA se toesmeerdery; in die ‘Vee-eS-en-Ah’ sal als oopgevlek word, tyd dat die spelers hulle “hande-wys, ook die ‘onder die tafel’-stelery.
Hierdie week sit Akkra se burgermeester kiertsregop agter sy pokergesig. Hy is ‘n ou gesoute speler wat sy politieke medespelers in die media kaalgat uittrek. Dis ‘n erge vingerwysery en laai van die dobbelpot oor wie moet blaam neem en betaal vir al die vloedskade en lewensverlies van die reënoorstromings. My man vertel my: ‘n Ware leier moet na homself in die spieël kyk in taai tye, nie by die venster uit en soek na iemand om te blameer nie. Hierdie burgermeester is ‘n ou grootbek wat poep teen ‘n donderstorm want dit reën erger as twee jaar gelede. Al wat intussen gebeur het, is hy het ‘n onbenullige toekenning as “beste burgermeerster in Afrika” in ontvangs geneem.

Alfred Vanderpuije. Alfred Oko Vanderpuije (born 4 November 1955) is a Ghanaian politician. A Jamestown native, he is the current Mayor of Accra, installed in that office by President John Atta Mills in 2009.
Bid jou dit aan, nogals die beste ene. Ha! Wat is daai ou sêding van elke brommer is koning van sy eie mishoop? Duiwel se streke die stelery…
‘n Mens kan party om jou flous vir ‘n wyle maar aan die tafel kan jy almal nie vir altyd flous nie. Mense ‘lees’ jou lyftaal, veral as jy jouself verkleurmannetjie hou. Miskien staar burgermeesters- en politieke varke hulleself vas in die prentjies op die pokerkaarte? Eers kruip hulle in die harte van mense, mooiste suikersoet beloftes in media persverklarings, dan grawe hulle hulself in hoeke nadat hulle die diamant-waarde van staatsbesteding ontdek het. Dan sit hulle en pruim sodra hulle ‘hand’ gewys is en almal besef hulle is die ene ‘blufspel’.

Seker nooit te laat om te besluit wie is die ‘Jokers’ en wildekaarte, en of hulle met die res van die kaartepak ingesluit moet word nie. Almal speel mos nie met ‘n volpak kaarte nie.
Miskien moet alle politiekehonde en burgermeesters ‘n hondestert bykry die oomblik as hulle ‘n setel wen. Honde lieg nie. Daai stert kan mos soos ‘n spieël in daai ou se mensesiel wees. Niks gebluffery of sielkunde nie. Waai-stert is ons almal op die regte pad, maar smaak my almal om ons hol stert-tussen-die-bene rond! Ha-ha , sien hoe speel ek my slimmigheid lewenskaart.
Hoesê van slim van sy baas?

Leave a reply to Daniël Bezuidenhout Cancel reply