‘n Mieliestronk om mee te krap


Ag nee, die kamatigge slimmes het nou die pot misgesit!  Ek lees dat die wet in RSA goedgekeur is dat kinders tussen twaalf en vyftien wettiglik met mekaar kan seks hê.  Voorheen was dit verkragting van ‘n minderjarige.  Die ouderdoms verskil moet net nie meer as driejaar wees nie…wie dink hierdie stront uit? Kan ‘n stomme kind van twaalf sonder dwang of invloed toestemming gee vir so iets?

Wat de flok?! Is al hulle bont varkies skielik nie meer op hok nie? Kinders wat kinders maak, is skielik heeltemal wettig.

Wat is volgende? Kinderbruide van twaalf, of wettige stemreg op twaalf? Hel, hoekom moet hulle enigsins nog skoolgaan? As Ouma nog met ons was het sy ‘n stuiwer in die ambeurs gegooi. Sy sou sê: “As daai ding jeuk, gee aan ‘n droeë mieliestronk dat hulle kan krap.”

Is dit net ‘n ding van ‘more voters’ in future? Wie gaan daai bloedjies onderhou, skool en huisves, Jan Taks? Droeë mieliestronke klink baie goedkoper.

Die ding pla my woes.  Sedertdien ek die nuus gehoor het bly ‘n paar dinge in my kop draai…

Het die wetmakers kinders van hulle eie? Miskien is hulle almal steriel of self doenig vanaf die ouderdom van twaalf.  Is dit dan maar reg met hulle as ‘n gladdebek vyftienjarige (ou standerd 9-laaitie) hulle (ou standerd-4) dogtertjie wettiglik ‘wip’ tussen die lakens?  Is reg, noem my maar oudtyds, maar ek kry nie aan hierdie ding gesluk nie.  Wat kan hulle ouers doen? Dis nou na die koeël deur die kerk is, en die daad gedoen is…sweet bogger-all niks nie!  Hoe gaan hulle ‘n kind ‘hok’ wat reeds doenig is met ‘grootmens-dinge’.  Daai trein het lankal die stasie verlaat… Gatvelle aftrek is mos nou ook teen die wet!  Al wat oorbly is mediese rekening betaal vir vrot siekte en bevallings.

Hoekom nou ‘n puisie rypdruk?

Vroeg ryp, vroeg vrot. Als is te laat, die morele vesels van ons gemeenskap is aan die lostorring.  Verander die naam van RSA na Sodom en Gemora.  Hoekom nog so dan en wan enigsins die wetboek gebruik?

My jongste is net agtien so ek self het nog groen koring op die land.  Onse familie kan nog nie verkondig dat ons ‘n tiener swangerskap vrygespring het nie… daar is nog baie tyd vir aanjaag.  Ook net Ma, dis nou ekke. Daar word gepraat, gepreek, gedreig en gesmeek. Arme kinders ken al my rympies al uit die kop, en maak my sinne vir my klaar as ek eers beginne aangaan oor die bye en blomme ding. Maar jinne, mens kan mos nou nie kop in die sand gaan wegkruip of net arms in die lug gooi nie!

So as die vyftienjarige laaitie nou oudergewoonte popspeel met ‘n twaaljarige ‘te groot vir haar skoene’ Delillah en hy verjaar en is oornag sestien, is als skielik onwettig.  Nou moet hulle wetlik ‘n hele jaar wag tot sy opvang en veertien word om verder te speel. Ha! Verduidelik daardie ene ‘wettiglik’ vir die kinders wat reeds jeuk.

Die meeste lande aanvaar dat tieners na agtien eers volwasse is, maar medici reken dat die meeste breine eers ten volle volwassenheid bereik op die ouderdom van vyf-en-twintig. Under most laws, young people are recognized as adults at age 18. But emerging science about brain development suggests that most people don’t reach full maturity until the age 25. Guest host Tony Cox discusses the research and its implications with Sandra Aamodt, neuroscientist and co-author of the book Welcome to Your Child’s Brain.  Nou waar is al RSA se geleerdes as dit kom by wette maak? Of ‘operate’ hierdie ouens almal in hulle eie lugborrels?

Slim het nou sy eie baas gevang, want in hierdie proses het hulle soveel meer ontneem van kinders se regte.  Hoe gaan daai stomme kind ‘bewys’ dit was nie verkragting nie?  Hoe gaan pedofiele en kinderporo vojeurs nie paartjie met hierdie nuus nie?

Langenhoven was self ‘n RSA parlementslid wat eendag verklaar het helfte van die parlement is ape.  Toe hulle aandring op ‘n wysiging van sy ape stelling verklaar hy: Die ander helfte van die RSA parlement is nie ape nie.  Ek reken as hierdie wet reeds deur die parlement is, is hulle almal ape.

Lees hier oor hierdie nuwe wet… http://www.news24.com/Multimedia/South-Africa/ConCourt-hears-child-sex-law-case-20130531

Lees hier oor Onderwysers wat reken dis ‘n goeie ding http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Child-sex-rule-welcome-teachers-20131004

Om mee te krap

10 responses to “‘n Mieliestronk om mee te krap”

  1. Ag nee, siesa. kinders moet hulle hande bo die kombers los en nog kind wees. Ek skaam my vier my eie land se nuwe wette!

    Liked by 1 person

  2. Nee maar ek dink nie jy moet dit sien as dat seks tussen sulke jonges nou aangemoedig word nie.

    Dis net, as dit nou wel gebeur het tussen twee wat minder as 3 jaar verskil in ouderdom, is dit beter as die staat nie alles verder kom kompliseer deur ‘n saak van verkragting aanhanging te maak waar jong mense slegs oorhaastig in hulle liefde was nie.

    Die wet kan nie en moenie gebruik word om alles te beheer nie. Die bedwanghouding van vroegrypheid is ouers en skole se taak – nie die polisie en howe s’n nie.

    Like

  3. Solank hulle net nie rook nie……………………

    Liked by 2 people

    1. Hie-hie-hie….soos Ouma altyd gesê het! Solank hulle net nie rook nie.

      Liked by 1 person

  4. Ek sluk net so moeilik hieraan. Kan nie verstaan hoekom die regering hulself behep met die sekslewe van n kind nie. Ek sou liewers wou he dat die kinders se opvoeding en onderwys die aandag nodig het, want dan sal die kind nie so jeukerig wees nie. Stimuleer die mind en die kind sal homself besig hou met dinge wat nie grootmens is nie. Ai!

    Like

    1. Netso. My punt is hoe bewys mens nou dat ‘n stomme kind misbruik is? En as ‘n harstallige seunskind links en regs stront aanjaag eaarmee jaag mens hom skrik op die lyf? Ouers en Onderwysers -almal nou tannelose hond sonder byt

      Like

  5. Wetten zijn vaak onbegrijpelijk.
    Zoals ook de opvoeding of het ontbreken van een opvoeding onbegrijpelijk is.

    Bezorgde groet,

    Like

  6. kinders kan nou kindertoelaag eis!! Lekker my ding. Sou hulle kraamverlof ook kry by die skole?

    Like

    1. Ai die sotte wat hierdie wette maak is sekerlik nog nat after die ore sonder eie kinders

      Like

Leave a reply to Lukraakvars Cancel reply