Sodra mens geforseer word om stil te sit het jy skielik miere in jou holle. Nou ja, as die wiele draai dan wil ek soos Malteeshond saamrits.
Die skok op my sisteem wanneer ons land in Dubai… Mapstieks die temperatuur kwik slaat vas op 28 en dis net voor 6am toe ons land. Ons is binne 10 minute deur die inmigrasie met bagasie en al! My swak hart wou bars. Ons in donker Afrika word mos toegesmoor in burokrasie en is nie gewoond aan sulke goed geoliede ratwerk nie!
Jyself moet in 4×4 vasskop in die Lexus taxi want daai ouens laat waai sodat die hitte nie kan vasvat op die mouter nie.
Ons hotel het 39 vloere en lyk so onopvallend soos ‘n dwerg puisie teen die ander hotelle óm ons wat meer as 100 vloere in hulle fondasies staan.
Dis 42 grade in die koelte op ons balkon. Op die strate zoep al wat ‘n plat sportsmouter is verby en doer op die water is een van daai jet ski ouens 50m bo die water in die lug.
Ek kan net sowel in droomland wees. Kan mens ooit hierdie horisonlyn gewoond raak?
Daar’s soveel keuses. Watter taxi, restaurant, hotel, inkopiesentrum en wat wil jy vandag doen?
Gisteraand 12uur om middernag het malkoppies ‘n myl gehardloop, want hulle kon. Dit gebeur al die laaste 29 dae hoor ek vanoggend.
Hoe lank bly mens hier voordat jy kriewel kry en pad moet vat?



Leave a reply to Christina B Cancel reply