TERT SE KERSFEES STORIE


Lees hier-onner een van die mooiste stories van ‘n anner blogger (ekmyselff) wat ek raakgelees het!

TERT SE KERSFEES STORIE

Ek het nie die storie hieronder geskryf nie.  Iemand anders het, maar ek moet dit met julle deel.

Ek brand al van lankal af om hierdie storie te vertel, maar ek het uitgehou tot nou toe. Merkwaardig, al moet ek dit self sê. As ek ‘n storie hoor, dan moet hy vertel word, maar hierdie een moes ek mee wag.   Verlede jaar, besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. Geen blink liggies en goeters nie. Net die stilte.   ‘n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. Ons sou hulle eers weer na Nuwejaarsdag sien.   Met hulle terugkeer het ons gaan hallo sê en voorspoedige Nuwejaar en alles.   “Nou waar was julle toe?” wou ek nuuskierig weet.   “Noord-Kaap” sê Tert.   “Ek het nie geweet julle het familie daar nie?” vis ek verder uit.   “Nie gehad nie, maar nou het ons.”   “Nou maar hoe werk dit?” hou ek vol…lees hierso verder….

Source: TERT SE KERSFEES STORIE

One response to “TERT SE KERSFEES STORIE”

  1. nou sit ek en wonder hoe lyk daai huisie, en hoekom is ‘Tert’ se naam so snaaks….

    Like

Leave a comment