Daai ‘wesselien’…


Die weer is aan die verander en my Vrystaat-man vra ek moet ‘n room in die winkels gaan soek vir sy elmboë en droë vel. “Maar nie daai ‘wesselien’ stront nie.” Dis blykbaar nie geskik vir manne wat staan en piepie nie. “Ni-vee-a” is veilig, solank dit geen sweempie van parfuum te bespeur het nie, en nog beter as dit in die donkerblou bottel is, en ‘FOR MEN’ duidelik daarop geskrywe staan.

Vir manne wat staan en piepie
Vir manne wat staan en piepie

O goeiste – iewers het ‘Wesselien’ ‘n groot toets gedop in hulle bemarkings afdeling.

Eendag –in die swaar dae; was daar ‘n man wat pasgetroud, geen geld gehad het vir sy wittebrood nie. Die eerste aand bevind hy homself terug in sy ouerhuis met nuwe bruid en sy jonger broertjie onder dieselfde dak.

Die nuwe bruidegom se Moeder is erg senuweeagtig dat die kleinboet tog nie onnodiglik grootmensdinge moet uitvinne nie. Moeder is heimlik bekommerd oor die jonger seun wat sy neus tussen boekblaaie hou en sy tyd met die bou van skeepsmodelle verwyl.

Vroeg die volgende oggend trap-trap kleinboet in die kombuis rond. “Ma, het Ouboet al uit hulle kamer gekom” vra Kleinboet. Moeder val oor haar woorde, en jaa hom skool toe terwyl sy ‘n definitiewe “Nee”, antwoord. Middagete is dit dieselfde storie. Kleinboet krap-krap rigtingloos tussen sy skeepsmodelle rond, en vra weer of Ouboet al uit die kamer ter voorskyn gekom het. Moeder slaan haar hanne saam en vroetel aan haar voorskoot. “Nee, man, los tog Ouboet, en gaan maak jou huiswerk klaar.”

Met aandete, skuifel-skuifel Kleinboet rond maar eet nie veel nie. Loer net na die bo-punt van die trappe. Moeder voel nou self effe angstig, en toe Kleinboet weer vra of Ouboet al uit die kamer gekom het, antwoord sy in ‘n harde stem wat sy self nie herken nie. “Nou wat karring jy so oor Ouboet?”

Kleinboet loer onderlangs en mompel. “hy het gisteraand laat in my kamer kom vra vir “wesselien” maar ek is seker, laataand in die donker, het ek my modelskeep se kitsgom aangegee.

Vaseline

17 responses to “Daai ‘wesselien’…”

  1. Neeee!!! Lekker lag ek nou!!

    Liked by 1 person

    1. Eerder ‘n seepbêk as ‘n suurbêk 🙂

      Liked by 1 person

  2. Hulle moet klitsgom in die tronke voorsien . Want skelms is mos ook op honeymoon in die tronke deesdae.

    Liked by 1 person

  3. Wesselien het al baie waens deur die drif getrek………………

    Like

    1. A, Klip – ek lees altyd fyn as dit by jou kom…want ek weet hoe kan jy met woorde speel..!

      Liked by 2 people

  4. hehehehehe… siestog Hy sal hulp nodig hê!

    Liked by 1 person

  5. Vicks het gemaak dat my oupa by die ossewa-brand-wag moes aansluit

    Like

  6. Hiehiehie. Help ‘n bietjie, help ‘n bietjie, help ‘n bietjie daar / hier!! (Glimlag)

    Liked by 1 person

  7. LMGA!!!!

    Like

  8. Prachtverhaal!

    Vrolijke groet,

    Liked by 1 person

  9. Wesselien het mos ook ‘n donker blou bottel wat sE “for men.” 😉 niemand sal dit met modelskipppies se gom verwar nie.

    Like

    1. Dink jy dit was aspris, Olga?? 🙂

      Like

Leave a reply to Klip Cancel reply