Kaalgat op straat


Nuwe tegnologie klap Ghana, elke dag nog, bloedneus.

Hier is te veel goedkoop mouters en te min paaie. Van die verkeersligte is kamatig op sonkragpanele gesit, maar die splinternuwe LED’s hang verlep en blind in die bloedige son. Sonkrag is hier, maar die tegnici is nie. Orals is tekens van padwerke wat half klaar is. Die gemors hope van sement en bourommel lê opgetooi met groen onkruid krone. Dis immers reënseisoen en van die gemors het weer dreine en afvoerpype verspoel en verstop. Prettig, om in verkeer daarom te navigeer. Ek vermoed die kontrakteurs weier om die padbou gemors en toerusting te verwyder totdat hulle vir die tenders ten volle betaal is. Nog ‘n bloedneus klap – daai ding van geldjies uit die staatskas wat so ‘verdamp’. Elke tweede Jan Rap en sy maat het slimfone en tablette – maar ons ewigdurende krag tekort veroorsaak dat die batterye heeltyd plat is.

Akkra bied nie net een lang somer en reënseisoen nie. Die laaste week van Oktober dui die begin van malkop-seisoen aan. Hier is is ywerige straatsmouse wat als van ‘n skoenborsel tot ‘n dooie polisieman aan jou wil smous. Straatverkopers skud spuitblikkies met arlies binne-in – ek verneem dis vir ‘sneeu op venster’ versierings. Sneeu, in die snik hitte van Akkra se Afrika-son, en dit verkoop soos soetkoek hoor ek. Opgeblaaste Kersvader-balonmannetjies en kerstooisels verskyn saammet ABBA se Krismis-CD op straat. As jy in die mouter met glas-oë verveeld na die spulletjie staar, wikkel hulle die nutshede met sulke swiep bewegings hier vlak voor jou neus rond.

Ons ry en stop, wip-wip en hik, so karring ons langsamer deur die druk verkeer.

Hierts, amper ruk ek my nek uit lid uit!

Daai man lê sommer so tossel in die wind, oop en bloot; op die naat van sy rug. Jip, net daar op die sypaadjie, lekker lê, in die sonnetjie, poedel naak! Daar lê hy en dut. Die verkeer beweeg darem weer. Daar is geen uitveër wat daai kaalgat ou se prentjie in my kop kan uitwis nie!

Malkop! Ja, nou onthou ek weer van die staatskas se geldjies wat so geheimsinnig opdroog, hierdie tyd van die jaar. Sien, die gesondheids departement hierso se geld raak op. Dan hou hulle op om salarisse te betaal vir die ouens wat die asielshuis se sleutels swaai. Medikasie raak op, en etes voorsien raak ook ‘n probleem. Dan los hulle net eenvoudig die deure oop, en die gekkes is vry om kaalgat deur Akkra se strate te drentel.

Hier is net twee fasiliteite vir geestesongesteldhede in Akkra vir meer as vier-miljoen mense. Dis te verstane dat die asiels hospitale oorvol is. Hierdie Afrika-nasie so heilig bygelowig vir toordery en als wat hulle eienaardig vind. Ghanese verkies om sekere goete soos dimensia en geestesversteurdhede saammet homophobie ‘nie te verstaan nie’. Ek weet, dis pateties, né!

As jy ‘n Ghanees se stront-praat diep wil beledig, dan verklaar jy kliphard “you are mad!” en sien dan hoe almal in die restaurant stil raak en vir julle staar… oulike truuk, ek weet, né!

Verstandelik gestremdes word soos ‘n skaamte ‘weggesteek’ in ouers se huise, maar dis skandelik en versteurend om verskeie kaalgat ‘malletjies’ op straat waar te neem.

As jy uitkyk sien jy hulle bad hulleself in stormwater-strome, vang skoenlappers wat net hulle sien; voer diep indringende gesprekke met mense wat net hulle waarneem. Hulle drentel in ‘n droomwaan, onverstoord deur besige verkeer en almal draai net hulle venters op, slaat rem en vermy oogkontak. Die ‘malletjies’ lyk nie ondervoed nie, hulle bedel nie vir kos nie. Hulle gaan staan net en staar vir kos by ‘n straatsmous se kostafeltjie, dan deel die smous vlietig ‘n eetding sodat die ‘malletjie’ kan wegdrentel.

Sien, miskien gek, maar nie dom nie.

Ghanese gaat loop sommer aan die anderkant van die straat om ‘n ‘malletjie’ se belediging, aanraking, aandag en toordery te vermy.

Hierdie ding het my lank gepla – issie reg nie, né!

Nou het ek besluit: seker beter as wat hulle soos in konsentrasiekampe in asiels-hospitale sonder geld, toegesluit, en verhonger word.

Ek tel my seëninge, elke dag. Miskien lê ek ook eendag soos daai sonkragpanele en verlep in die son…

My laaste internet snuffel het net 24 dokters vir geestesgestremdhede opgelewer in Ghana . Daar is 24 miljoen mense in Ghana.

te min dokters - en geld - en belangstelling
te min dokters – en geld – en belangstelling

Kliek hier – sodra hulle weer fondse het, maak hulle weer die ‘malletjies” bymekaar

Kliek hier – Die staatskas is skielik leeg…

Kliek hier – *** nie vir sensitiewe lesers nie

Kliek hier om te lees oor Ghana se Psyhiatric Hospital se drama

28 responses to “Kaalgat op straat”

  1. In Stockholm net so met die Swede baklei. Almal het keuses en vryhede en moet tog net nie iemand se vryheid bedreig nie, so, volgens hulle, kies die geestesongesondes om op straat te wees. So mens kan/mag/behoort hulle nie in ‘n veilige plek “toe te sluit nie”. En dan skuif almal na ‘n ander sitplek op die bus om die mense (wat hulle so vrylik keuses gee) te vermy. Soos melaatses. Geen oogkontak. Geen kommentaar. Tot ‘n buite mens vrae vra. Dan mompel hulle oor keuses.

    Liked by 1 person

    1. Nou is die busse lekker verhit dat die vreemdes en weird klomp hoeka op die busse beland? En wat nou van jou? Waars jou vryheid van keuse heen as jy verkies om veilig op die bus te verkeer.

      Like

  2. Sjoe dis darem vreeslik hartseer om te dink daardie mense kry nie werklik die hulp wat hulle nodig het nie?

    Nogal verstommend om te sien hoe tough mense werklik is, en so kan oorleef.

    Liked by 1 person

    1. Ek kyk maar altyd uit vir hulle. Loop en sing in die reën. Ons beleef darem geen winters hier nie. Net woeste tropiese storms. En erge son

      Liked by 1 person

      1. Ons het ook so een of twee malletjies hier by ons wat kaal in Brits se strate rondloop. Die een het tot al die koerante gehaal met sy streke. Hulle het hom gekry toe ‘n kar hom raakgery het (want hy spring voor die karre in, kaal) en toe amputeer hulle sy een been. Of albei, ek kan nie werklik onthou nie. Ons almal was nogal verlig en het gedink hy gaan nou bly waar hy is, maar moenie dink nie. Hy het wraggies weer ontsnap.

        Like

  3. Het Amsterdamse bord geeft een grote glimlach op mijn gezicht.

    Het overgeorganiseerde van de Nederlandse maatschappij mist toch ook enige romantiek.

    Vriendelijke groet,

    Liked by 1 person

  4. Dis seker maar wat gebeur in ‘n samelewing waar mense skaars vir hulself kan sorg .Ek geniet altyd jou vertellings.Dit begin nogal klink soos hier by ons.LOL!

    Liked by 1 person

    1. Dankie Ek waardeer die raaklees. Ai mens voel jammerlik en besef daars geen (zero zippo) wat mens daaraan kan doen nie!

      Liked by 1 person

      1. Solank bygeloof en sulke denkwyses bestaan,is daar niks,niks aan te doen nie.Net radikale onderrig wat wetenskaplik gefundeerd is,sal oor ‘n baie lang tyd,miskien mense se insig verander…dalk 300jaar van nou af..LOL!

        Liked by 1 person

      2. 300 jaar is laaaank na my tyd 😱😳😜

        Liked by 2 people

  5. Ai en ons kerm en kla oor klein goedjies

    Liked by 1 person

  6. Die geluk by die ongeluk is dat die malles weet nie hulle is mal nie……ek moet sê hierdie skrywe laat ook dat ek my seeninge tel…een vir een tot by duisend.

    Like

  7. As die manne so in die publieke toilette by die urinal staan en water afslaan , kyk jy mos maar rond en se eintlik niks. Die een ou staan toe eendag so langs n Ghananees……….kyk af en se “Agt duim”???kyk die Ghananees so af na die man en se met n traantjie in sy oog “Ag Shame”!!!!!!…………..

    Liked by 1 person

  8. Hoe lank was arme Adam en Eva mal gewees voor hulle begin vye blare dra het?

    Liked by 1 person

    1. Daai gedagtegang het ook by my opgekom. Seker tie hulle yit hulle gekkewaan snap dat hulle blare vir klere beginne soek het

      Like

  9. Daai hitte en die baie reen laat die “wortels” so lank word dink ek

    Like

    1. Oeh weeee nee. Met al hierdie reën is wortelvrot moontlik ook ‘n probleem…😳🙈

      Like

  10. Hier is n paar hoe bome wat ek glo moet beslis wortel vrot kry. Dink ek nou aan al daai houtbanke wat in die parlement staan…………een van die dae sit hulle op chinese plastiek stoele en drink groentee vir wortel vrot

    Like

    1. Daai stoele is reeds in Namibië se parlement en eennlid het die anderdag haar eie stoel saamgebring van die huis af omdat die chinese stoele so heeltyd stukkend is…

      Like

  11. Humiditeit en hitte is die ideale kombinasie vir n goeie broeimasjien

    Like

  12. Ry ek nou die dag saam met iemand in n hysbak ………….. ek kon sweer hy het wortel vrot!

    Like

  13. Hardloop n kaalgat man op die highway ……………. E-Tollie!

    Like

  14. Suid Afrika is vinnig oppad.

    Like

  15. Daniel, ek het nag altyd gedink die ‘sneeu versiering’ in Afrika vensterbanke met Kersfeer seisoen is uiters dom… ons wil teveel leef in Europese en Amerikaanse idees van Kersfees…. maaaar nou ja…. when in Rome, sigh and take your grieviences like a man…”

    Liked by 1 person

    1. Slaafse na-apery. Dis hoekom ek ‘n droë doringbos goud gespuitverf het en koekies as versierings daaraan gehang het. Almal bly dit opeët en daars niks om te bêre vir ‘n hele jaar nie. Doringbos is in ‘n verfblik met sand geplant 👍🏻

      Liked by 1 person

      1. Dis geniaal. Goed uitgedink 🙂

        Liked by 1 person

  16. Ai toggie. 🙂
    Hulle laat my nou smile, maar ek wonder wat my reaksie sou wees as ek daar tussen hulle woon?
    Jy skryf regtig lekker.

    Like

Leave a reply to Daniël Bezuidenhout Cancel reply