Soen – heuning of seekat …


Volgens Toeka-tokkel 3 skryf ons oor Eerste Soen

Hier in Ghana is almal gretig om hande vas te hou, jong meisies en jong manne sommer so vriendskap ding.  Jammer maar ekke val nie oor my voete om soos in Rome te maak soos die Romeïne nie.  Maar publieke gevryery is defnitief taboe.

Wie onthou nie hulle eerste soen nie? Alles daarvan, die vlinders in die maag, die spoegstreep oor die wang, die doem-doem in jou borskas en die krul van jou kleintoontjies.

 

Dankie tog ek hoef nie neuse te vryf of voorkoppe vas te druk nie.

 

Op sy tyd en plek kan die endorfiene van ‘n soen my knieë laat wankel. Party het ‘n voorkeur vir snor-soene, ander vrek vir die krap vir ‘n baard, of die meegaande hand in die nek – wat ookal, dit bly lekker!

 

As my soene toets-lopies moes wees vir werksonderhoude, was ek lewenslank werkloos! (My man het ‘n heel ander opinie hieroor )

 

Ek is definitief iemand wat die volks-soengroet soos hondemis op die sypaadjie vermy. Miskien het ek net ‘n groter persoonlike sirkel om my, maar aanraking deur vreemdes laat my fisies gril … hoendervleis oor my hele lyf. Smaak my ‘n nat slang glip oor my pênsvelle.

 

Almal het iewers ‘n grillerige familielid wat drie treë se aanloop reeds lippe aflek, jy steek jou hand uit vir ‘n langafstand groet; dan gryp hulle die hand en pluk jou nader en seekat oor jou gesig. Yuck…yuck sies, ga, pure vampier.

 

Op skool was daar die vaal skooljuffrou; eendag in die weerkaatsing van die klaskamervenster sit sy lipstiffie aan voordat sy ons klaskamer instap – skielik kon jy nie anders as om te wonder hoe soen daai lippe nie.

 

Oe-oe en daar’s die kerktannies wat sulke stywelippie droog-soene soos vlindervlerkies pik op die lippe. “Hulle sluk jou blykbaar heel in as die lig afgaan”, het Jaco Wesstraat op skool altyd gesê!

 

Intussen het ek die kuns aangeleer om blitsvinnig die wang te draai en gou sommer reguit te sê – askuus, “ek is nie die soenerige- en druk-soort nie”. Meeste mense is so oordentlik oorbluf hulle vra onverskoning maar dit steek iewers vas in die brein. Ek is ‘n groot aanhanger van die ‘in-die-lug-verby-blaas-groet-soentjies’.

 

Onder my aller gunsteling soene, tel my kinders se taai en slaperige soene wat ek koester as goo-goo-gah-gah herinneringe. Hoog op my lys is my honde se natneus-soene vroeg oggend, sodat ek kan opstaan en met hulle gaan stap.  Tog is ek maar vieserig oor mense wat honde sommer so in die bek soen.

Screenshot 2016-01-24 22.08.48

 

Dis kostelik as bejaarde mense soentjies steel wanneer hulle piekniek en dink niemand sien hulle nie. Jong mense wat slurp aan mekaar en vroetel laat my wonder oor teater-lose long-oorplantings.

 

Filmsterre se wha-wa-whoom en byklanke word gegradeer volgens hulle silwerdoek-soene. Ek het ‘n baie skewe prentjie van Nicholas Cage in Face Off wat aandring daarop dat sy likewaantong gesuig moet word..Bleghhhhh, hoendervleis-grillerig.  Dink maar aan al die 007-spelers, sjoe van hulle was wit-warm. Ek weet darem nie of ek veel daarvan sal hou om so voor die hele wêreld iemand te soen nie.

 

In ‘n besige inkopiesentrum in Windhoek het ons, ons eendag verstaar aan jonges in ‘n soen-kompetisie.  Na ‘n ander halfuur is die wenners bekend gemaak – hulle was skoon uitasem en duislig.  Ek weet nie wie was meer verheug ons of hulle, of die beoordeelaars toe die kompetisie verby is nie.

Elke Woensdag gaan kyk ons ‘n Franse film (Engelse byskrifte) by die Franse Kultuur sentrum in Akkra. Gewoonlik is daar meer as ‘n handvol Ghanese studente wat in giggels skielik hulle rokke oor hulle koppe pluk en hande oor die oë slaan met elke driftige soen toneel. Ek noem nie eens die pandomonieum van skaamte uitbarsting, wanneer ‘n driftige vrysessie op die silwerdoek wys nie…

So ‘n soen-kompetisie sal nie sommer hierlangs in Ghana gebeur nie. Dis darem net te preuts en stram teen hulle kultuur.

Kliek hier vir ‘n visuele klassifikasie van verskillende soene…

31 responses to “Soen – heuning of seekat …”

  1. Stem ngl saam met die op n afstand staan en met die hand groet en so n lugsoentjie as dit moet. Die geklouery en drukker is ook nie in my lyn nie. Lekker gelees en dankie vir die soen-eskapades daar in Ghana!

    Liked by 1 person

  2. Haha@The Puppydog op die video. Sies. Nou verstaan ek iets nie lekker van die Ghanese nie – as hulle die rokke oor die koppe pluk en alles onder ooplos?

    Like

    1. Hulle dra Afrika lap rokke, bo-oor die rok is ‘n extra lap wat om die lyf gedraai word. Die kopdoek pas ook gewoonlik by die roklap. Voorheen was 90% van al die vrouens in tradisionele laprokke, deesdae wikkel hulle in stywe jeans en croptoppies rond. Niemand hierlangs is gepla oor boep-hang-pênse nie. Hoe groter en ronder hoe gesonder…gaan loer hier hoe hulle tradisionele drag lyk…
      http://omgghana.com/top-5-ghanaian-tribes-constantly-mocked-stereotyped-behavior/

      Like

      1. Baie mooi. Dis eintlik jammer dat tradisionele drag nou oral verdwyn, maar ek sal darem self nie graag in ‘n sisrok en kappie wil rondloop nie.

        Liked by 1 person

      2. Jy’s so reg Hester – dis net te warm. Miskien is dit om die laag stof effe van die lyf af te hou. Niks te make met geloof nie – (83% is Christenne) maar tradisioneel dra vrouens hierlangs rok en manne broek. En heita – Afrika skrik nie vir kleur nie.

        Liked by 1 person

      3. Ek is self nie ‘n pastel-mens nie. Ek hou van die helder kleure, solank die mengsel darem nie te bont is nie.

        Liked by 1 person

  3. Jy het ‘n wonderlike manier van beskryf.Ek het nou so lekker gelag.Oeg maar daai soene is te aaklig…veral die lekkery!

    Liked by 1 person

    1. 😂 voordat ek by die skryf uitgekom het, het ek eers soene gaan opkyk op You Tube. Ai-ai daar haak ek toe eers vas en kyk en kyk en gril en loer. Naaste wat ek aan ‘big brother’ se geloerdery was in ‘n langgg tyd ☺️

      Liked by 1 person

  4. Soen.!!!……….. Feromoon, hormoon dan demoon………………..

    Liked by 1 person

    1. Aha ek sien jy’s weer vlymskerp!

      Liked by 1 person

  5. Asems en wasems………….

    Like

  6. Op skool het ek maar vir my skelm strawberry lipgloss gekoop en die agterkant van my hand gesoen

    Liked by 1 person

    1. Hie hie hie – ons in die koshuis het op lemoen-skywe ge-oefen! Niks fout met strawberry gloss nie. Self al ‘n buisie daarvan opgesoen.

      Like

  7. Altyd spearmint beechies by my gehad , vir ingeval……….

    Liked by 1 person

    1. Aaaaaah, voorbereiding is essensieël.

      Like

  8. Iewers is ek ook gewaarsku , van soentjies en drukkies kom kousies en skoentjies……of so iets

    Liked by 1 person

    1. Van drukkies en soentjies op die bankie, kom kousies en doeke se was op ‘n plankie…! Iewers pluk ek dit nou hier vanuit die spinnerakke in my gedagtenis…

      Liked by 1 person

  9. Kyk ek nou die musiek video van Lianie May ” Jy soen my nie meer nie” , nou wonder ek hoekom daai ou haar nie meer wil soen nie?

    Liked by 1 person

    1. Mwhahahahahaha! Haai Klip – net JY sal nou weer ‘n klip in die bos gooi! Miskien is al sy endorfiene opgebruik en het sy hom reeds op gesoen…

      Like

  10. Laat hierdie my nou terug verlang

    Liked by 1 person

    1. Kobus, daai ouens het nog gesing met hulle klere aan…daai ene met die boots aan se mond lyk net soos daai skooljuffrou met die soen-mond! en dan reken ek daai aanties in die video is nou seker so 62 jaar oud… :0

      Liked by 1 person

      1. En hulle het mooi gesing.

        Like

  11. Ek het lank terug die besluit gemaak die soen ding van familie en kennisse word maar eerder met n handruk vervang.
    Laat die woord “soen” nou so n klomp gedagtes in my kop rondhardloop. Ek soen geen man nie……..never ever……..

    As iemand jou wil soen en jy sien so n rooi koorsblaar ………

    Liked by 1 person

    1. Oggg of ‘n moesie naby die lip 😳 my man se mense soengroet – erg Vrystaat. Manne ook….

      Like

  12. Op n ligter noot …….

    Short Facts:

    Wife : “why are you home so early?”
    Hubby : “My boss said go to hell!”

    ◆◆◆◆◆

    Doctor : How’s your headache ?
    Patient : She’s out of town.

    ◆◆◆◆◆

    Marriage is like a public toilet .
    Those waiting outside are desperate to get in & those inside are desperate to come out.

    ◆◆◆◆◆

    Whisky is a brilliant invention.
    One double and you start feeling single again.

    ◆◆◆◆◆
    It is said that when a woman closes her eyes, she sees the person she love the most and when a man does that.
    The slide show begins.

    ◆◆◆◆◆

    Q – You know why women love shoes?
    A – Because no matter how much & whatever they eat, the shoes always fit..

    ◆◆◆◆◆

    Q – Why can’t Women Drive well?
    A – Because there are so many mirrors in a car to distract them..
    ◆◆◆◆◆

    Q – If a Woman is Quiet, which day is it?
    A – Who Cares, just Enjoy that Day..

    ◆◆◆◆◆

    There are 3 kinds of men in this world.
    Those who remain single and make wonders happen.
    Those who have girlfriends and see wonders happen.
    And those who get married and wonder what happened=))

    ◆◆◆◆◆

    Wives are magicians…………
    They can change anything into an argument

    ◆◆◆◆◆
    Women live a Better, Longer & Peaceful Life, as compared to men.
    WHY???? A very INTELLIGENT man replied: Women don’t have wives!

    ◆◆◆◆◆◆◆◆◆

    Liked by 1 person

  13. Prachtverhaal en leuk filmpje.
    Je hebt me weer laten lachen!

    Vrolijke groet,

    Like

  14. […] is not my first language – but some of my blog readers does no understand a word of Afrikaans, and asked for some blogs translated into […]

    Like

Leave a reply to Klip Cancel reply