click here to translate..
In opdrag van SHARE YOUR WORLD – 2016 WEEK 9
Het jy vandag iets gedoen wat jy vreeslik graag wou doen?
Vanoggend het ek tuisgebakte sjokelade muffins gaan afgee by my Indiese buurvrou. Sy is soos ‘n besige miertjie, oppad werk toe of besig om haar seuntjie rond te karwei. Tog maak sy altyd tyd om hallo te sê, altyd vriendelik en tegemoedkomend.

Wat kan jy die Wêreld mee help?
As ek iets kon verander sou ek mense meer verdraagsaam wou maak teenoor andere.
Klink simpel en eenvoudig maar ons oordeel so gou.
Onlangs is ons na Thailand waar ek eerstehands met Boedisme te doen gekry het. Mense se absolute aanvaarding van almal om hulle- het my verstom. Hulle het ‘n leef en laat leef houding teenoor almal. Of jy nou ‘n homoseksueel, transvestiet, lesbeen of doodgewoon is, hulle aanvaar almal.
Almal is perfek-God maak nie ‘n fout nie! Ek verloor dit soms uit die oogpunt. Ek gaan hierop probeer verbeter.
Is dít nou nie ‘n wonderlike uitgangspunt nie? Almal is perfek geskape.
In onse Kerk voel ek mens spandeer soveel tyd om te besin oor die verlede, vergifnis vir wat ons reeds aangevang en gedink en begeer het. Boediste spandeer baie tyd in die hede en toekoms. Probeer vandág beter doen as gister, doen vandág iets vir jou medemens, streef, beplan en bid vir ‘n beter môre. Iets wat ek na kan streef… sien – vandág sjokelade muffins gebak en uitgedeel.
Mens moet iewers begin.
As die lewe ‘maar net ‘n bak vol kersies was’… watter soort vrug sou jy wees..?
Moerbye, daardie sappige pers soort wat net vir omtrend drie weke in die jaar in seisoen is.
Aanhalingslys: Lys drie van jou gunsteling aanhalings?
Om af te breek is geen kuns nie. ‘n Klein babetjie kan ‘n blommetjie verniel wat dit ‘n God gekos het om te maak.~ C.J. Langenhoven
As jy nie kan positief wees nie – wees dan stil – Joel Osteen

Die doel van die lewe is om jou geskenk aan die Wêreld te besef, die sin van die lewe is om daardie geskenk met die Wêreld te deel – William Shakespear
my gunsteling: Luiaard gaan na die mier – Die Bybel
Bonus vraag: Wat van verlede week is jy dankbaar voor?


Leave a reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply