Wurg die kuiken dood


click here for the English translation of this

 

 

Ons krag in Akkra is soos goedkoop Krismis liggies, aan en af, en daar is dele wat net nie werk nie.  Die president van Ghana is in ‘n wedloop vir herverkiesing in Desember.  Nou sweer hy hoog en laag daar is nie ‘probleme’ met die krag nie.  Ja-wel as dit lyk soos stront en stink soos stront gaan dit seker nie proe soos dit nie, net want hy sê so nie!  Maar vanoggend kom die bestuur van ons kompleks net eenvoudig ‘n stewige rekenig afgee vir additionele brandstof gebruik vir die kragopwekker. Die opsie is maklik – betaal of sit sonder krag en water en internet.

 

Politikuste orals oor is almal glibberigge haaie wat met blink ronde ogies vir jou sê hulle is ‘anders’, want húlle is die eén uitsondering wat jou nie sal byt nie… Ha! Dis in hulle gene om te lieg en te bedrieg – maar dis ‘n kuns om dit te kamofleer met groot woorde en spin-dokters wat die wol oor Jan-alleman se dowwe ogies trek.  Toevallig besef ek Trump met sy President aspirasies en jons teen immigrante staan self agter die deur. Sy moeder is ‘n immigrant vanuit Skotland en sy huidige vrou-nommer-drie is self ‘n immigrant vanuit Slowenië.  En hy gil en skree dat immigrante Amerikaners se werksgeleenthede kom dief.  Ai, sal mense tog ooit vanuit geskiedenis leer?  Trump wil weer mure bou; daar’s ‘n rede hoekom die Berlynsemuur nie meer staan nie.

 

Ek onthou kleintyd die storie van ‘n boer wat ‘n kuiken, ‘n handvol saad en ‘n jakkals oor ‘n rivier moes neem met  ‘n kanoe. Maar hy kan net een oor die rivier roei, anders word daar gevreet of gesink; sien? So hoe gedaan?  Hy neem die kuiken oor, laat die jakkals en saad op die wal.  Dan neem hy die saad oor, laat dit op die wal en bring die kuiken terug.  Roei die jakkals oor en gaan finaal die kuiken haal.

 

Miskien is dit beter om eers die jakkals oor te neem want hy gaan in elkgeval weghol as jy hom alleen los en wegroei met die kuiken.  Dan kom kry jy die kuiken, en doen ‘n ‘Heimlich’-manoever op die kuiken om die gevrete saad terug te kry.  Daar’s geen rede hoekom daai kuiken drie keer oor en weer geroei moet word nie. Dis ‘n kuiken, nie ‘n wittebrood nie. Miskien moet die kuiken eerder gewurg word sodat mens die saad herwin tydens die slagproses?

 

Hoe meer ek daaraan dink – is daai kuiken ‘n politikus. Vreet is in sy natuur, so jy kan net jou verliese terugkry  as jy ken van die ‘Heimlic’-manoever.   Politikuste word soos wittebrood op en af gevlieg tussen Kaapstad en Pretoria se parlementsittings.  Ek sien net blink dikkes in die kiekies.  Uitgevreet as jy my vra.

 

Daai boer is Jan-allerman wat al die werk moet doen en net ‘n handvol saad het om daarvoor te wys. Daai geroeiery op en af is seker maar ‘n spieëlbeeld van ‘n tipiese besoek aan ‘n goeverment of munisipaliteits afdeling. Dié kant en daai kant word mens mos rondgestuur.

 

Maar wie is die jakkals?  Die jakkals is die publiek wat passief staan en alles om hom net bekyk; passief. Jakkals wil rondgeroei word, en saam vreet, maar hol eerder weg as om sy kruisie te gaan trek om ‘n verandering te maak.  Sien nie sommer ‘n jakkals elke dag nie – hoor hulle net kerm, kerm, kerm.  Ek pluk my kuitspiere styf elke keer as iemand net kerm sonder om ‘n oplossing te bied vir ‘n probleem.  En as jy hulle vra of hulle geregistreer het vir die verkiesings op 3 Augustus, is hulle skielik dom.

 

 

13 responses to “Wurg die kuiken dood”

  1. Trump het Sjina gekyk en gesien daar is ‘n muur en geen Meksikane nie en nou gaan hy dieselfde doen.

    Liked by 1 person

    1. Lekker giggel ek nou 😄 maar daai muur is in die 7e eeu gebou om aanvallers uit te hou. Trump se plan in 2017 is sekerlik om mooiste Meksikaanse vrouens uit te hou…vrou nommer 4? Die man is desperaat!

      Like

  2. Lekker om weer iets van jou te hoor – bly jy het darem krag om bietjie te kom post.
    Ja nee, mens sal nie verstaan nie….

    Liked by 1 person

  3. Mijn hele leven heb ik trouw gestemd.
    Op steeds dezelfde partij heb ik gestemd.

    Of ik er wijzer, gelukkiger of rijker van ben geworden weet ik niet.
    Maar stemmen is voor mij het minste wat ik kan doen in onze democratie.

    Jammer genoeg is dat in andere landen vaak moeilijker ……..

    Regenachtige groet,

    Liked by 1 person

    1. Rob, jy is reg, elkeen moet sy deel doen vir demokrasie. Dankie vir die bydrae

      Like

  4. My pa het altyd gesê politici is skurke!Ek gaan beslis stem!

    Liked by 1 person

    1. Jou Pa was ‘n wyse man. Elkeen moet sy deel vir demokrasie doen. Mooi so ek is bly om te hoor jy gaan stem!

      Liked by 1 person

  5. Ja daar is min eerlikheid in politiek … almal belowe die son maan en sterre terwyl niemand dit werklik sal kan lewer nie

    Like

  6. Die politisie is almal dieselfde. Mooi woorde maar die utvoering is net onmoontlik. Daar sal altyd maar draadsitters wees. Die ouens wat nie stem nie moet hul koppe laat lees. Elke stem tel.

    Liked by 1 person

  7. Ons geniet ook Afrika krag af en toe – afgeskakel of net toe!

    Liked by 1 person

    1. Deesdae is dit beter net so twee ure per dag af maar eergister weer 12 ure af 🙄 hulle kan die ding net nie wen nie,ai

      Like

  8. […] hierso my anderdag se jakkals en kuiken […]

    Liked by 1 person

Leave a reply to Rob Alberts Cancel reply