Oorgeërf


Mense wat my Pa geken het, reken ek lyk soos hy nie, beide my broers lyk defnitief na hom.  Donkerkrul hare het vroeg in hulle twintigs beginne grys word. Hulle het neuse waarop ‘n Jood kan verlief raak en staan soos Napoleon in hulle skoene.  Nie te lank nie maar langer as my Ma.

Ek lyk soos witmuis tussen hulle blasvelle en donkerkrulhare.  Alles aan my is spierwit as kind, wanneer die sonstrale my lyf getref het, dan het ek so goue ‘halo’ wat om my skyn.  Dis ook daar waar die ooreenkoms met my en Engele eindig. Rissiepit en hardgebak, seker maar my Pa se Napoleon-streep in my.

Ek het net enkele kiekies en streke van my Pa oor. Hy’s op 42, skielik oorlede, ek nog in my tienerjare doeityd. Vinnige mouters en nog vinniger vrouens was sy einde.  Daar het ek weer skrams die bootjie gemis, en niks van sy vinnige wilde streke geërf nie.  Wat ek wél het is sy nuuskierigheid in ander mense, en sy bloeiende hart. My vriendin Jean sê ek is te behep met mense wat goete nodig het.

 

Talente, daarvan het ek baie geërf, en handigheid om mense te kry om dinge aan te vang waaraan hulle nooit sou dink nie.  Mense sê my Pa kon ys aan ‘n Eskimo verkoop.  Miskien het ons tog meer ingemeen as wat ek dink.

Wat het jy geërf?

9 responses to “Oorgeërf”

  1. Klink my jy het ń paar besonderse eienskappe van hom af oorgeërf. Jou hart vir mense is kosbaar, en so nodig in ń stukkende wêreld.

    Liked by 1 person

    1. Dankie Una, soveel keer weer en weer besef dis ‘n genade en nie ‘n struikelblok nie.

      Liked by 1 person

  2. My pa kon sommerso in die middel van die straat gaan staan en hom aan mense vergaap. Mense en hulle dinge boei my net so baie – dis hoekom ek die blogs so geniet.

    Liked by 1 person

  3. Jou pa is dood op 42…. Ek is 42 en my pa lewe nog maar hy is dood vir my. En ek het meer van sy kant af geërf as van my ma. Dis soos ‘n ding wat aan mens vasklou wat jy net wil afskrop.

    Liked by 1 person

    1. Dis hectic! Die een ding wat niemand by ‘n kind kan ontneem nie – is die drang om aanvaar te word deur ‘n ouer. Maak nie regtig saak hoe sleg of onbetrokke daardie ouer is nie. My ouers was absolute teenoorgestelded van mekaar. So oulike Pa en heks van ‘n Ma. Eendag skryf ek ‘n dikboek oor die skade wat ouers kinders aandoen.

      Liked by 3 people

      1. Goeie idee, ek sal beslis jou dikboek lees!

        Liked by 1 person

  4. Kyk bietjie na jou verstellings asb. Mens kan nie by jou laaste blog kommentaar lewer nie

    Liked by 1 person

Leave a comment