Mense wat my Pa geken het, reken ek lyk soos hy nie, beide my broers lyk defnitief na hom. Donkerkrul hare het vroeg in hulle twintigs beginne grys word. Hulle het neuse waarop ‘n Jood kan verlief raak en staan soos Napoleon in hulle skoene. Nie te lank nie maar langer as my Ma.
Ek lyk soos witmuis tussen hulle blasvelle en donkerkrulhare. Alles aan my is spierwit as kind, wanneer die sonstrale my lyf getref het, dan het ek so goue ‘halo’ wat om my skyn. Dis ook daar waar die ooreenkoms met my en Engele eindig. Rissiepit en hardgebak, seker maar my Pa se Napoleon-streep in my.
Ek het net enkele kiekies en streke van my Pa oor. Hy’s op 42, skielik oorlede, ek nog in my tienerjare doeityd. Vinnige mouters en nog vinniger vrouens was sy einde. Daar het ek weer skrams die bootjie gemis, en niks van sy vinnige wilde streke geërf nie. Wat ek wél het is sy nuuskierigheid in ander mense, en sy bloeiende hart. My vriendin Jean sê ek is te behep met mense wat goete nodig het.
Talente, daarvan het ek baie geërf, en handigheid om mense te kry om dinge aan te vang waaraan hulle nooit sou dink nie. Mense sê my Pa kon ys aan ‘n Eskimo verkoop. Miskien het ons tog meer ingemeen as wat ek dink.
Wat het jy geërf?
Leave a reply to Tannie Frannie Cancel reply