BATANATS


Batanats

 

Orals in Namibië is informele padstalletjies. Dis seker maar net ‘n Afrika ding, en ek voel dik aangedaan om iemand eerstehands te ondersteun en die middelman uit te sny.

Mis my mense en my land…

en batanats!

18 responses to “BATANATS”

  1. Aijaijai, wat sou ek nie gee vir so ‘n sak batanats hier in Rwanda waar ek bly nie. Om een of ander rede kweek die Rwandese nie batanats nie, maar voer dit in uit Uganda, en dan is dit slegs in Kigali verkrygbaar – ons woon ses uur se ry van Kigali af.
    Dankie vir jou lekker blog – klink asof ons, vir seker nie identiese nie, maar wel soortgelyke ervarings het.

    Liked by 2 people

    1. Jammer – verkeerde skakel gekoppel aan my naam bo – regte skakel is http://www.rwandamemoires.wordpress.com

      Liked by 1 person

    2. Whoww sowaar, Margarete! Ons is nog tans in Ghana, Accra en hier is net poep-tamaties en geel hand-vasplak patats met boor wurms wat lekker saameet. Die uie lyk gangbaar maar pampoen soos patatas en boerpampoen is als vanuit ander lande. Ons het net so spatsel meer as 2-jaar in Uganda gewoon, eers projek gaan opsit vir 7 maande en toe 3 jaar later, hoog swanger gaan woon daar. As mens lokaal eet is dit moontlik, maar dan koop jy so te sê elke dag ietsie op straat by die groente smouse, en omdat jy nie weet wat gan gangbaar wees nie – kan mens nie regtig vooruit maaltye beplan nie. So jy koop maar wat beskikbaar en eetbaar is. Maak my só dankbaar as ons in Nam beland en ek kan na hartelus kies en keur van al die verskeidenheid!

      Liked by 1 person

      1. Gits, Daniël, jou Ugandadae klink soos dit hier by ons in Rwanda gaan. Ons bly in ‘n baie afgeleë deel van Rwanda met net die groente en vrugte op die mark. Geen winkels met yskaste nie; dus geen vleis en suiwel nie. Vleis moet jy vroegoggend koop en in jou yskas kry. Maar dit is ‘n opwindende ervaring.
        Wat is die projek(te) wat julle opsit?

        Liked by 2 people

      2. My man werk vir DSTV, voorheen het ons van land na land gereis en die ou M-net daar vanaf stof na uitsending aan die gang gekry. Mense het na ons verwys as Gypsies, het gevoel soos moderne pakkers. Later het ons teruggereis want my man moes gaan red of weer finansieële rieme weer toeknoop. Jy weet mos hoe geldjies uit koffes verdwyn in Afrika. Elk geval kon ek as laslappie in al daardie lande nie werk nie – so ek moes self aanplotter en iets aanvang om my te vermaak. Vandag, as ek weer moet kies – doen ek als weer presies net so oor.

        Liked by 2 people

  2. Ek loop draaie om straathoekverkopers. Het eendag by n robot gesit en kyk hoe son verkoper sy vinger tot waar in sy neus druk en toe, sonder om daai vinger af te vee, rustug verder sy hopie perskes uitsorteer en herverpak!
    Dog ek toe, daar is ook geen toilet in sig nie. Die man doen seker sy ding in die lang gras, vee hom so goed moontlik af met `n hand vol gras, en kom pak sy eetware verder in sakkies vir jou om te koop? Ek hou maar verby dankie.

    Liked by 1 person

    1. Ek hoor jou, maar ek weet ek gaan daai patats nog eers skil en opkook. Appels so uit die hand is seker maar ‘n ander saak.

      Maar dan pluk die volk druiwe en appels in die boord, en daar’s ook nie toilette nie…en daardie vrugte lê op die supermarkrakke.

      Hier in Ghana lê die meeste mense maar blaar groente en tamaties in Milton of asyn water of sterk soutwater voordat dit in slaaie beland. En hande was en hande was en hande was….
      Spoelmaag is wat ons na verwys as ‘n “Ghana-2-step”, want jy bly twee treë van die toilet af…

      Liked by 1 person

  3. Ek waardeer ook ñ padstalletjie! Die blote feit dat ñ persoon eie inisiatief gebruik, is vir my klaar ñ wenresep.

    Liked by 1 person

  4. Die plakaat is te dierbaar!

    Liked by 1 person

  5. Ek vrek hieroor! Ek ondersteun ook eerder ‘local’.

    Liked by 2 people

  6. Ag ten minste laat hy ons glimlag.

    Liked by 1 person

  7. Die meeste van die kere is sommige padstalletjies baie interesant.

    Liked by 1 person

  8. Hier is padstalletjies ook volop. Soms dink ons hulle vra ons “gringos’ te veel, want niks het ‘n prys op nie. Koop dan maar by die supermarkte. Daardie batanats, maak baie lekker sop!

    Liked by 2 people

    1. As hierdie lokale ouens ook die kans kry roof hulle ons. Ek stuur gereels my kombuisfeëtjie om eerder namens my goete te gaan aanskaf. Dít het soms ook sy nadele. Ons supermark goete in Accra vat sooo lank om deur die klarings en doanne en dies meer te gaan – dat dit ongelukkig heel papperig en verlep op die rakke beland. Of alternatief het die uie en aartappels reeds uitlopers en groen blare beginne groei.

      Liked by 3 people

  9. Ek luuvv batanats…

    Liked by 2 people

  10. Aa..behoorlike batanats is ‘n wonderlike bederf!

    Liked by 3 people

  11. Dat is goed zo verdienen mensen de kost en worden goed ndersteund

    Liked by 2 people

Leave a reply to margareteheese Cancel reply