So gister stap hierdie ou in die koffiewinkel in, seker 10minute gelede uit die bed gerol. Hare staan in elke rigting, en gister se baard op sy ken.
“Koffie, seblief”, bestel hy by die kelnerin wat verby hom skuif terwyl hy ‘n oop sitplek soek.
Ek staar openlik na sy donkerblou T-hemp. Miskien meer direk na die woorde wat duidelik leesbaar is oor sy bors.
Ek bars kliphard uit van die lag en almal òm my volg my blik en lag saam.
Duidelik het hy ‘n goeie sin van humor!
Beslis nie ‘n t-hemp wat ek ooit wil dra nie- maar party dae weet ek presies hoe hy voel!

Leave a reply to Louwie Cancel reply