Wag, ekke was nog nie reg nie!


Matewis is ‘n lui swart kat met ‘n selfdood geneigdheid wat met ‘n dik streep getrek is. Hy gaan lê vir die lekkerte in die drom van ons wasgoedmasjien, en die dag gaan kom wanneer hy nog daar binne is as die deur toeklap en ek die masjien aanskakel.

As ek nou Matewiskat was – het my aanskakel dag gekom.

Net die ander dag was ek soos onse Matewiskat – lekker snoesig in my lekker lêplek, salig en snoesig onbewus van ‘n masjien wat aangeskakel sal word… My lêplek was Swakopmund, die kusdorpie daarlangs die Namib se koue seë, lekker snoesig. Swakop met sy koffiewinkels en palmbome waar mens talm, wynglas-in-die-hand, vir sonsondergange kyk, laaaank na die son al gesak het, nog kyk en kyk. Die masjien was my man wat weer ‘n konsultasiekontrak aangebied is, ja, woerts daa gaat ons!

Aanvanklik sou hy vir 6-9 maande gou ietsie hier kom regtrek het, maar die Vrystaatman van my is mos deugsaam, en siedaar. Nou het hy vir 2-3 jaar kontrak geteken, en besef ek – eeeek, EK WAS NOGGIE REG NIE! ‘n Paar maande, daarvoor was ek reg, maar ‘n paar jaar is ‘n helemaal ander kopskuif. Mens is so effe uit jou ritme as ‘n trek so skielik oor jou kom. Aan die anderhand is ek diep dankbaar want my Vrystaatman het vernuwe vonk met die nuwe werk, yay!

Kyk hierdie is mos nou nie onse eerste trippie as expat in Afrika in nie, ek skuif nie meubels nie – die plek waar ons woon is reeds gemeublieër, en my man het ‘n driepootpot en braai-ding gaan koop wat reeds op ie stoep staan. Ek het ‘n piep klein waterdruppel grootte moutertjie aangekoop – iemand in Japan se opgeryde moutertjie – so nóú! Nou gaat ek uitbars en alles uitsnuffel en ondersoek.

Drie maande later en ek voel vanoggend vir die eerste keer effe ingeburger hier in Lusaka, Zambië. My koffie proe sommer weer lekker, ek dans oor gladde vloere op my playlist , ek glimlag vir vreemdes in Lusaka, en saans verkyk ek my aan dieselfde sterre wat skyn oor die Namib. Mens kan dié plek ook liefkry.

Dis tyd om weer myself te wees, simpel, nuuskierig, goedhartig en soos Matewiskat, effe ‘anders’.

8 responses to “Wag, ekke was nog nie reg nie!”

  1. So dis hoekom jy so stil was! Lekker bly daarso, kom vertel ons asseblief.

    Liked by 2 people

    1. Ha ha ja, hier lê baie stories rond om te vertel!

      Liked by 2 people

  2. Well, that was a very big challenge for me to get through that as my Afrikaans has deteriorated over my 20 year absence from South Africa. I can make out that Koosie took a contract in Lusaka and you cat loves the washing machine. I have to be honest and admit that after reading this, I feel homesick, miss Koeksisters and hearing my countries’ Mother tongue. A lovely read, thank you.

    Liked by 1 person

    1. Thanks Alan, time to oil your Afrikaans! Just as the cat would be upset by that machine starting up as she is in it, I was not yet ready to move again….

      Like

  3. Skryf asb gereeld vir ons wat vasgekluister sit in een plek! Ek love om al die stories van ander wereld dele te hoor!

    Liked by 1 person

    1. Ek sal my skryfblok nader trek en weer skriffel

      Liked by 2 people

  4. Ek sien uit na jou Zambiëstories!

    Liked by 1 person

  5. So bly jy het weer jouself gevind. Lekker gelees 💐

    Liked by 1 person

Leave a reply to Daniël Bezuidenhout Cancel reply