Strange things
-
Vêr plekke, vreemde bekendes …
Al ooit gewonder hoekom nuwe getroudes op wittebrood ‘weggaan’ na ‘n vreemde plek? Dis sodat hulle vreemde grille na vore kan kom en die huwelik se gestryery in alle erns kan beginner! Akkra het sy eie versameling van mense wat heeltemal buite karakter optree. Swembad chloorpille kan jy maar afdruk, maar dis ‘n kwessie van…
-
Yak…yak…yak
Hier in Akkra het almal ‘n opinie oor als. Vergeet van sin maak – die een wat ‘n onderwerp die meeste kan uittorring is voor die handliggend die een wat ‘die meeste daarvan weet’! Daar’s rooimiere in my holle. Ek weet net nie meer, hoe om te fake dat ek luister nie. Sy kop wieg…
-
Monrovia toe vir ‘n “joy-ride”
‘n Mens kan sommer baie leer by ‘n hond. Goete soos lê en dut in die son. Drink baie water. Vat ‘n joy-ride elke kans wat jy kan! My Ouma was reg toe sy sê ek is nes ‘n Maltees-hond: As die wiele draai – dan wil ek saam vir ‘n “joy”-ride. So gebeur dit…
-
‘n Mieliestronk om mee te krap
Ag nee, die kamatigge slimmes het nou die pot misgesit! Ek lees dat die wet in RSA goedgekeur is dat kinders tussen twaalf en vyftien wettiglik met mekaar kan seks hê. Voorheen was dit verkragting van ‘n minderjarige. Die ouderdoms verskil moet net nie meer as driejaar wees nie…wie dink hierdie stront uit? Kan ‘n…
-
Demmit-polisterien is belangrike goeters!
Hier in Ghana is my man soos elke ander ou wat werk toe gaan, druk besig. Hy is in vergaderings en gedurig weg met aller belangrike sakereise na vreemde plekke. ‘n Blink nuwerwetse streeppak Mr. Juppie besoek Akkra. By ‘n besigheidsete vertel hy hoe erg besig is hy en sy dokters vroutjie. Uit so misterieuse…
-
Duiwel is so listig
Soms dink ek die lewe is ‘n pokerpotspel. Jou hand word gedeël, en daarmee moet jy speel. Is geluk aan jou kant, kry jy nog ‘n kans met nog ‘n kaart, anders is jou opsies, vou of bluf. So bekyk ek van die spelers om my. Die beste kaarte dink ek is die met die…
-
Tien-jaar se reën
Vir dae reeds reën dit onophoudellik- gemiddeld vyf ure se reën per dag. Die groot tien-jaar-se-reën is hier. Elke tien-jaar reën dit hier in Akkra, soveel so; dat mense vir ‘n dekade later vir hulle kinders daarvan vertel. In die loop van ‘n paar dae is die totale reënval meer as twee jaar se gesamentlike…
-
Oumense wat jou ‘inprop’…
Hier langs my, hang ‘n verlepte tiener in in die bank van KFC; sy kop hang onder neon-kleurige bobbel oorfone – dis nie ingeprop nie want die punt hang op die teëlvloer. Die kind kan enige oomblik smelt in sy stoel, en afglip tot ‘n bondel wasgoed op die vloer. Sy oë staar maar sien…
-
‘n Handvol krummels en bekvol fluit…
Ons is vars terug van ‘n twee weke besoek in Namibië. In my hart voel ek weer rustig want terwyl ek weg was, het ek tog my Ghana huisie gemis. Natuurlik sal ek nie waag om so iets aan iemand te noem nie. Hulle dink reeds my bont varkie is nie meer op hok nie.…
-
See Piranhas
Soos die kraai vlieg, is ons net vier kilometer vanaf die see, waar ons in Akkra woon. Dis te vêr om die branders se breek te luister en die seebries te ruik, maar naby genoeg om eetgerei in die laai te roes. Sleutels wat in kasdeur of deurslotte gelos word, roes rotsvas in ‘n ommesientjie.…









