Wanneer Afrika jou breinspoel


As Ghana se toerisme ouens hierso oopoog was, het hulle die 90 dae besoekers visum fooi van R 1539 heeltemal afgeskaf. ย Partykeer verblind daai dollar tekentjies die toekomsblik op meer toeriste seย dikker beursies. ย Daar is natuurlik wandelende Engele al ย om ons. Ons noem hulle ‘volunteers’. ย Hulle betaal groot geld om in klein statte tydelik te woon, skool te gee, klinieke te bou, weeshuiskinnerties te versorg en dies meer.

Geen staatsdepartement kan jou werklik sรช hoeveel ‘volunteers’ hierso is nie, maar mens kan nie anders om hulle op te merk in vreemde dorpies van Ghana nie. ย Ek bewonder hulle toegeweidheid en determinasie. Hierdie onselfsugtige sielleย diens, laat mens baie wonder oor wat nou eintlik mรฝ bydrae is.

Wanneer laas was jy in ‘n propperste dobbelhuis – waar die klokkies malkop lui en dieย Jackpotย se draaiwiel rits soos ‘n strooitjie in ‘n fiets se wielspeke? Dink jou in, jy hoor mos net heeltyd die geklingel van geld…(kliek hieronder om weer te onthou)

My punt is: As die boorlinge hierso in Wes Afrika ‘nย expatย ofย volunteerย teรซkom, is ditย รกl wat hulle hoor. ย Ons staan stokdoof, breรซ glimlagte, slapgewrig handskud met oop beursies.

Partykeer – as jy jouself soos ‘n toffie wil gedra, moet jy maar net gekou word.

Mens moet wawyd wakker wees om nie sommer net jou erfporsie aanย ‘n projek te sedeer nie. ย Oop-oog. Wakker Boeta!

Ons wat so bevooreg is, doen ook ons deel en gaan kyk waar kan ons uithelp met ‘n dak vir ‘n kliniek. ย Ons gaan ‘volunteer’ sonder om vooraf geld te gee. Net eers kyk-en-besin. Sommetjies maak en plan maak.

So laas week gaan kuier ek toe nou diep in die stokkies. As ek nou noem DIEP Afrika is dit so 4 ure se ry boendoesย toe vanaf Akkra, Ghana – ย die stofdorpieย Ho,ย is maar net so honderd-en-sestig kilometer vanaf waar ons woon.

Geen sinspeel op die Engelse woord nie, net 'n groterige Afrika 'village' met 'n tweeletter-naam.
Geen sinspeel op die Engelse woord nie, net ‘n groterige Afrika ‘village’ met ‘n tweeletter-naam.

Daar’s ‘n nuwe kliniek wat ‘n dak moet kry, en ek gaan soos ‘n wafferse (James Bond)ย aka ‘grootoog vrywilliger’ die projek bekyk.

Maar oppad daarheen baklei jy vir ‘n stukkie ooppad, stoei jy om ou oorlaaide lorries wat soos skewe krappe aansukkel op vrot paaie vol gate en spoedhobbels.

Oorlaai, skewe dryf-aste en Noag se tyd nie meer padwaardig nie.  Lewensgevaarlik om om hulle te sukkel.
Oorlaai, met skewe dryf-aste en van Noag-se-tyd nie meer padwaardig nie,

Net oor ‘n uur se ry moet ons van ‘n pont gebruikmaak om die Volta rivier te kruis.

Nadat ons sowat agt-en-twintig rand by die tolhek betaal het,ย het ons net so tien minute gewag voordat onsย aan boord kon gaan.

'n Ou kloktoring by die Volta rivier pont dateer nog uit die vyftiger jare staan nog, vervalle maar pragtig.
‘n Ou kloktoring by die Volta rivier pont dateer nog uit die vyftiger jare staan nog, vervalle maar pragtig.

Die met pรชnsvelle van klip kan dit waag om ย ietsie te ete te koop, so sit-sit in jou mouter deur die oop venster. ย Kies vanย  rivierprons-sosatie,ย vars brood, sout of brandbek-visbokkoms, gekookte eiers of yskoue koeldrank in blikkies. Als wat jy kan aan dink word gevang, toegegooi in tjillie en op ‘n stokkie ingeryg, dan kom so dikblink ouvel-aantie die goeters aan jou smous vanuit ‘n blikskottel wat sy balanseer op haar kop.

Daai helder rooi goete is rivier -prawn-sosaties
Daai helder rooi goete is rivier -prawn-sosaties …yip daai mouter met die sonhoedjie is ons mouter…

Mens weet as Afrika jou verras, heers daar doodse stilte in die mouterkar. ย Miskien vertrou ons net nie die vrede as die gelaaiery en balanseer-ding hierlangs so seepglad in minute georden is nie! Ek was te bang om asem te haal, maar als het goed verloop, weerkante se op en aflaai.ย Die oorsteek was net so twaalf minute en ‘n tweede pont trek gelyktydig vanaf die teenoorgestelde oewer weg sodat daar gelyktydig ‘n pont vaar in elke rigting.

Woeps waps is die storie in tien minute gelaai en gebalanseer. Hulle kan groot lorries en busse vol mense maklik akkomodeer.
Woeps waps is die storie in tien minute gelaai en gebalanseer. Hulle kan groot lorries en busse vol mense maklik akkomodeer.

Alhoewel almal om onsย angstiglik fotos van mekaar geneem het, is ek nie seker of dit soos die eerste roltraprit was vir hulle, of benoudgeit omdat baie van hulle nie kan swem nie – maar ons het ook bos gegaan en soos geoefendeย Japanesetoeriste gekliek.

Die Volta vissermanne om ons het hulle gang gegaan en met hulle houtskuite oorgeroei in water wat sommer BAIE vinnig gevloei het.
Die Volta vissermanne om ons het hulle gang gegaan en met hulle houtskuite oorgeroei in water wat sommer BAIE vinnig gevloei het.

Aangekom in die dorpย Ho,ย was soos elke ander Afrikadorpie, met te veel mense, nou paaie, geen straatname, baie mense en ‘n bynes besige mark.

Ho Market area
Die strate met baie druk verkeer, nou strate, geen straatname, en al die taxi’s het vier oranje geverfte motorpanele.
Ho Market Street
Almal kom dorp toe, hierdie is die mark deel van die dorp. Ditย is altydย drukwarm soos Durban se weer, en ‘n ernstige donderstorm was aan die opsteek. ย Ons hotel was net anderkant die mark. Pragtig skoon, met lugversorging en ‘n swembad vir lafenis.

Kyk, Afrika is mooi. Groen bosse en vreemde interessante plekke. ย Na ete ontmoet ons die lokale manne wat ons neem na die dakhoogte kliniek. ย Weer in die mouter en veertig minute later kyk en meet ons die kliniek.

Die kliniek is dak hoogte. 24mx 12m
Die kliniek is dak hoogte. 24mx 12m

Teken als op sodat ons later kan beplan en besluit of ons kan bylas en help.

Vandaar ry ons na ‘n ander ‘village’ waar ons hartlik deur ‘n bondel van vyf hoofmanne van ander nabygeleรซ ‘villages’ ontmoet. ย  Almal sit onder die bome – koue waterbotteltjie in die hand. ย Eenkant ‘n klomp hoofmanne en oudstes van die stofdorpies…annerkant, ons bleek klomp expats vir mekaar en bekyk.

Ons het ‘n geskenkie gebring in die vorm van twee bottels 40% Engelse Saffire Gin, hulle gee ons elk ‘n plestiek botteltjie grondbone. ย Beide partye praat deur ‘n tolk. ย Almal swaai arms en glimlag en knik

Linguist is voor - hand op die bors. Die Hoofmanne agter hom, mees geagte het goud in sy sandale. Agterste ry is die oudste wyse manne.
Linguist is voor – hand op die bors. Die Hoofmanne agter hom, mees geagte het goud in sy sandale. Agterste ry is die oudste wyse manne…hulle i opgetooi in hulle beste waks-lap.

Linguist is voor – hand op die bors. Die Hoofmanne agter hom, mees geagte het goud in sy sandale. Agterste ry is die oudste wyse manne….

Die Gin le sommernetso in die stof…by die ‘linguist’ se voete.

'Gebind' tot die gemeenskap.
‘Gebind’ tot die gemeenskap.

Ons word seremonieรซl ‘gebind’ tot die betrokke gemeenskap met ‘n meeltou-en-kleikraal om die gewrig maar ek konsentreer op niks nie, ย Als isย droomagtig vreemd, die Gin in die stof lei my aandag af.

Ek wonder of die hele gedoente รณm ons, ten bate van die kliniek se dak is ย – is ek doof en hoor almalย รณm my dit.. daaiย Jackpotย kasino se geklingel?

Ho Market area

14 responses to “Wanneer Afrika jou breinspoel”

  1. Oulik, Daniel. Afrika is baie interessant, maar ook baie vreemd vir my met my Europese bloed! Ek sukkel om gebreinspoel te word – my Westerse kant bring nog tรฉ veel westerse verwagtinge na vore: maar ek is BAIE lief vir ons kontinent – al verstaan ons mekaar nie aldag sk goed nie!

    Liked by 1 person

    1. Dankie Vir die raaklees Piet. Ek sal van hierdie dinge hier nooit ooit verstaan nie. Ek steef om oor die aardighede te skriffel want die elende hier is oorweldigend

      Like

  2. Met goud in die plakkies en gin by die voete onder die koeltebome. Nou hang my bek sommer oop. Ek wil ook my dollars so verdien.

    Liked by 1 person

    1. Yip. Sit net lank genoeg inner die boom. Iemand sal dit aandra ๐Ÿ‘

      Like

      1. Solank die aangedraagde goedere in die regte hande beland gee ek nie om nie, maar wanneer dit so tussen die gewer en die begunstigde net “verdwyn”, raak my moer sommer suur.

        Liked by 1 person

      2. Aha dรญs hiekom die suurgatgeit my so heeltyd iotval โ˜๏ธ

        Liked by 1 person

  3. Vreeslik interessante vertelling Daniel, dankie dat jy gedeel het!

    Liked by 1 person

    1. Daniel dit is mos Theuns en Ria se wรชreld wat jy betree het, groot belewenis.

      Liked by 1 person

      1. Netso. Hulle is net annerkant se rigting maar selfde bosse en mense ๐Ÿ‘๐Ÿ˜‹

        Like

  4. Dis geheel en al buite my ervaringveld …
    Dis baie interessant Dankie vir die deel

    Liked by 1 person

  5. Jinne – baie interessant. Geniet nog altyd jou skryfstukke. My susterkind kry ook gereeld volunteers vanaf oorsee om in haar kliniek, projekte en skool te belรช, en is hierdie volunteers van groot voordeel. Maar die areas wat jy in beweeg klink maar vir my bietjie gevaarliker …

    Liked by 1 person

    1. Nee wat nie gevaarliker as RSA nie. Hier weet jy ten minste dat die ergste ding wat my ooit kan oorkom is ‘n regte ou snotklap maar dan moes ek ergerlik skoorsoek om ene te kry. Die mense is beleeft en erg aangedaan en respekvol as mens daar aankom. Ek vertrou net nie die groot gaping van die wat hรฉt en die wat nog en nog soek nie. Die besoekers bring net sakkevol geld en ‘hulp’ en volunteers en dies meer. So die president is reeds geskep.

      Liked by 1 person

  6. Wat ‘n interressante ondervinding! Maar ek hoor wat jy sรช: so tussen die taal- en kultuurverskille is dit moeilik om te peil waaroor dit eintlik vir almal gaan en dan kan ‘n mens nie anders as om mense op “face value” te vertrou nie.

    Liked by 1 person

Leave a reply to HesterLeyNel Cancel reply