See Piranhas


Soos die kraai vlieg, is ons net vier kilometer vanaf die see, waar ons in Akkra woon. Dis te vêr om die branders se breek te luister en die seebries te ruik, maar naby genoeg om eetgerei in die laai te roes. Sleutels wat in kasdeur of deurslotte gelos word, roes rotsvas in ‘n ommesientjie. Wanneer jy soos ‘n gifspuit kakkerlak op die naat van jou rug lê, besef jy opvou kampstoele se skarniere roes ook deur!

Almal ervaar die see anders.

Oor die algemeen is Ghanese banger vir die see as vir die houtjie van die galg. Van kindsbeen af word hulle vertel as jy dieper as jou knieë instap sal ‘n seekat jou gryp en diep wegsleep na die seebodem en niemand sal jou ooit weer sien nie. Baie min vrouens leer ooit swem, en ‘n handvol vissermanne in kusdorpies waag dit om in die see te swem. Bygelofies bepaal dat niemand op ‘n Maandag mag uitgaan om vis te vang nie want dis die see se ‘rusdag’.

Niemand kan wegbly vanaf die see met sy gedruis, sout spatsels, spierwit seësand en tropiese palmbome nie. Onse mense is mos toentertyd verby studentejare waar ‘n handdoek, plakkies, koshie en kouebier die ding gedoen het. Nou is dit sonsambrele, piekniekmandjies, ys in twaalf volt inprop yskas, braaitange, gemarineerde braaivleis, strandmatjies, sonroom, opvoustoele, toiletpapier, sjarongs en blêr klankstelsels wat als gepak moet word. Na ‘n uur van afpak en uitpak, is jy reg vir ‘n heerlike afkoel in die seëwater. Ons hol soos afkop hoenders in die golwe in, en die boorlinge sit in die koelte en staar ons aan.

Die seëwater is tropies warm, die golwe se breek is gematig en kalm. Net anderkant die golwe se breek draai iets grillerig om my been en klóú! Ek gil soos iemand wat gisteraand JAWS II gekyk het en pluk die klousel af. Ha! Net ‘n swart plastiek inkopie sakkie! Die verligting is kortstondig. Elke ander twee minute val nog ‘n plastieksak my aan. Dis vreesaanjaend want die water is erg troebel en ek kan die swart sakke nie raaksien of vermy nie, dis iets aakligs wat ek nooit gewoond sal raak nie. Tyd vir swem, sommer so parallel met die strandlangs, miskien kan ek wegswem vanaf die spul plastieksakke? Om te keer dat ek diepsee toe swem hou ek ‘n oog op die strand. Daars lokale mense op die strand, hulle verskyn sporadies vanuit die palmbome en kom hurk hier waar die golwe vlak oor die strand stoot. Nuuskierigheid oorweldig my en ek watertrap terwyl ek asemskep en kyk wat maak hulle.

Slaat my met ‘n nat vis! Daar is een reuse man gehurk, broekloos, my oë lieg nie, sy hemp hoog onder sy bors opgetrek, hy bou ‘n toring-kasteel maar nie van sand nie! Ek hoor myself ‘n boosaardige gil gee, maar nie dié keer vir ‘n plastieksak nie, en besef hier om my dryf goete maar dis nie takkies en stokkies nie! Jig, Boeta, nou swem ek! Maar soos dit maar is, dryf die spulletjie soos eentjies in ‘n ry in my swemstroom agter my aan! “Moenie water sluk nie” konsentreer en kliphard in my kop. Ek kyk óm, in my swemstroom dryf ‘piranhas’ rustig agter my aan… Nou plan-B, duik en swem ‘n paar meter onderwater, maar met ‘n swartplastieksak oor die gesig is als net te veel vir my. Ek móét uit die see uit!

Manlief lag himself ‘n papie. Ek’s net te grillerig en pê om te eet. ‘n Paar biere later glimlag ek floutjies vir almal wat dink my seëswemmery is die grap van die jaar. Die kinders skop ‘n bol, hol rond en gaan vêr ente stap. Een seuntjie kom triomfantlik terug met ‘n onpaar plakkies wat die see uitgespoeg het en ‘n handvol ou gebruikte bont tanneborsels wat hy opgetel het. Nee sies, ek sal aan wal sit en roes, vir eers is ek uitgeswem.

Yuck

26 responses to “See Piranhas”

  1. Eeeuw!! Ag dankie tog vir ons skoon strand, lekker getypoel en rivier wat soms alles kom skoonspoel. Die vakansietyd is haas om en dan het ons weer myle se strand vir onsself. Net jammer van die kriminele faktor wat menselewens so gering ag.

    Liked by 1 person

    1. Netso! Partykeer is die ‘groen’ mense ‘n pyn maar hierlangs is dit so duidelik hoe verkeerd ‘n ding kan gaan as niemand vir iemand verantwoordelik hou nie. Om nie eens te práát van opvoeding nie.

      Liked by 1 person

  2. monicahaddad01 Avatar
    monicahaddad01

    O genade, ek sou dit nooit gemaak het nie !

    Like

    1. My man sê ek het omtrend voorgekom asof ek ‘loop’ op water so spoedig het ek uitgekom.

      Liked by 1 person

      1. Ai, net die gedagte aan swem en sulke goed wat dryf maak dat ek sommer wil gaan stort! My verbeelding is heeltemal te aktief. Dis goed dat jy kan lag daaroor!

        Liked by 1 person

      2. Ha ha ek dink ek moet my kop so nou en dan laat lees. Skielik is ek opgetrek oor die slik in die waterpype. En wil ek nie meer my tandeborsel onder lopende water afspoel nie. Ek tob die hele oggend reeds of ek water tot kookpunt bring vir 4 minute voordat ek groente daarin gaarmaak of moet ek bottelwater gebruik. Tyd om my kop te laat lees …. Soveel klein besluite…dis na 12 en die Sondagete is nog nie op die stoof nie… Werk kopdokters op naweke?

        Liked by 1 person

      3. Ek kan goed daarmee assosieer, as my verbeelding eers op loop is neem dit ‘n sterk dosis van “myself stop en her-fokus” en “mind over matter” om op koers te bly, maar die probleem is altyd: wat gesien is kan nooit weer on-gesien gemaak word nie! Sterkte, ek dink nie jy het ‘n kopdokter nodig nie, of miskien het ek ook een nodig!
        Christina

        Liked by 1 person

      4. Aha ek het dit: ‘ n gedagte uitveër is wat ek nogig het! Dan kan ek nare goete on-sien

        Liked by 1 person

      5. Dit klink soos ‘n uitstekende plan – dan kan ‘n mens al die goed uitvee waaraan jy eerder nie wil dink nie!

        Liked by 1 person

  3. Neeeeeeeee daai kraai moet maar alleen die 4 km vlieg see toe… sies dis grillerig.

    Like

    1. Ha ha ha Tina. Dis maar hoe dit is… Grillerig en sies

      Liked by 1 person

  4. Elke dag bring nuwe dinge:)

    Liked by 1 person

  5. Zzqdzza,ddaAzxdsa%#%#

    Claire ________________________________

    Like

    1. oh dear – I cannot read it, your text is like this Zzqdzza,ddaAzxdsa%#%# on my side…?

      Like

  6. Louisa van Jaarsveld Avatar
    Louisa van Jaarsveld

    eugenvj@gmail.com

    Thulana wrote:

    > a:hover { color: red; } a { text-decoration: none; color: #0088cc; } a.primaryactionlink:link, a.primaryactionlink:visited { background-color: #2585B2; color: #fff; } a.primaryactionlink:hover, a.primaryactionlink:active { background-color: #11729E !important; color: #fff !important; } /* @media only screen and (max-device-width: 480px) { .post { min-width: 700px !important; } } */ WordPress.com Daniel Bezuidenhout posted: “Soos die kraai vlieg, is ons net vier kilometer vanaf die see, waar ons in Akkra woon. Dis te vêr om die branders se breek te luister en die seebries te ruik, maar naby genoeg om eetgerei in die laai te roes. Sleutels wat in kasdeur of deurslotte gelos wo”

    Like

    1. Oh dear I cannot read your reply this is what it looks like on my side: a.primaryactionlink:active { background-color: #11729E !important; color: #fff !important; } /* @media only screen and (max-device-width: 480px) { .post { min-width: 700px !important; } } */ …..?

      Like

  7. Dankie Daniel – ek’t nou lekker gelag! Juis omdat presies dieselfde met my gebeur het en ek soos Petrus oor water terug strand toe geswem/loop het, in Ghana! Daar doer by Anomabo. Ek’t vir dae lank heerlik in see baljaar en ge’boogie board’ soos ‘n pro-surfer – en toe sien ek die hurkende visserman op die rotse – en net daar het ek geweet dat my dae van in die see baljaar, boogie en water sluk is vir eers verby. Geniet die vreemde wereld waarin ons leef. Never loose your sense of humour 🙂
    Bxxx

    Liked by 1 person

    1. Hie -Hie dit klink bekend!

      Like

  8. O gonna nee! Jy kry my nooit in daardie stuk see nie!

    Liked by 1 person

    1. Vir my ook nooit weer nie 🙈

      Like

  9. Aardeland! Maar, oulik geskryf. Klink my jy is ‘n goeie swemmer? Ja, sulke sagte plastieksakke om jou enkels is ‘n groot skrik.

    Liked by 1 person

    1. Dankie. Adrenalien is ‘n wonderlike moetie! Mens vang snaakse dinge aan as jy griot genoeg skrik

      Liked by 1 person

  10. kom lees by blog asb….ek sit afrikaanse skryfgoed, gedigte ens op….ek is nuut en probeer my skryfgoed deel…dankie – skryfgoed

    Like

  11. Jammer dat er zoveel viezigheid in de zee ligt.
    Het kan zo mooi zijn.
    Ik geniet van de manier waarop jij schrijft.

    Vriendelijke groet,

    Liked by 1 person

    1. Oggg hierso is te min ‘groen’ mense. Dis vieslik vuil orals. In die see en op land. Ga!

      Like

      1. Trots zijn op je eigen land, huis en omgeving maakt dat je het ook schoon houdt.

        Jammer, dat er zulke viezerikken bij jullie rondlopen.
        Jij bent dus de uitzondering!

        Schone groet uit Amsterdam-ZuidOost,

        Like

Leave a reply to Louisa van Jaarsveld Cancel reply