Soos die kraai vlieg, is ons net vier kilometer vanaf die see, waar ons in Akkra woon. Dis te vΓͺr om die branders se breek te luister en die seebries te ruik, maar naby genoeg om eetgerei in die laai te roes. Sleutels wat in kasdeur of deurslotte gelos word, roes rotsvas in βn ommesientjie. Wanneer jy soos βn gifspuit kakkerlak op die naat van jou rug lΓͺ, besef jy opvou kampstoele se skarniere roes ook deur!
Almal ervaar die see anders.
Oor die algemeen is Ghanese banger vir die see as vir die houtjie van die galg. Van kindsbeen af word hulle vertel as jy dieper as jou knieΓ« instap sal βn seekat jou gryp en diep wegsleep na die seebodem en niemand sal jou ooit weer sien nie. Baie min vrouens leer ooit swem, en βn handvol vissermanne in kusdorpies waag dit om in die see te swem. Bygelofies bepaal dat niemand op βn Maandag mag uitgaan om vis te vang nie want dis die see se βrusdagβ.
Niemand kan wegbly vanaf die see met sy gedruis, sout spatsels, spierwit seΓ«sand en tropiese palmbome nie. Onse mense is mos toentertyd verby studentejare waar βn handdoek, plakkies, koshie en kouebier die ding gedoen het. Nou is dit sonsambrele, piekniekmandjies, ys in twaalf volt inprop yskas, braaitange, gemarineerde braaivleis, strandmatjies, sonroom, opvoustoele, toiletpapier, sjarongs en blΓͺr klankstelsels wat als gepak moet word. Na βn uur van afpak en uitpak, is jy reg vir βn heerlike afkoel in die seΓ«water. Ons hol soos afkop hoenders in die golwe in, en die boorlinge sit in die koelte en staar ons aan.
Die seΓ«water is tropies warm, die golwe se breek is gematig en kalm. Net anderkant die golwe se breek draai iets grillerig om my been en klΓ³ΓΊ! Ek gil soos iemand wat gisteraand JAWS II gekyk het en pluk die klousel af. Ha! Net βn swart plastiek inkopie sakkie! Die verligting is kortstondig. Elke ander twee minute val nog βn plastieksak my aan. Dis vreesaanjaend want die water is erg troebel en ek kan die swart sakke nie raaksien of vermy nie, dis iets aakligs wat ek nooit gewoond sal raak nie. Tyd vir swem, sommer so parallel met die strandlangs, miskien kan ek wegswem vanaf die spul plastieksakke? Om te keer dat ek diepsee toe swem hou ek βn oog op die strand. Daars lokale mense op die strand, hulle verskyn sporadies vanuit die palmbome en kom hurk hier waar die golwe vlak oor die strand stoot. Nuuskierigheid oorweldig my en ek watertrap terwyl ek asemskep en kyk wat maak hulle.
Slaat my met βn nat vis! Daar is een reuse man gehurk, broekloos, my oΓ« lieg nie, sy hemp hoog onder sy bors opgetrek, hy bou βn toring-kasteel maar nie van sand nie! Ek hoor myself βn boosaardige gil gee, maar nie diΓ© keer vir βn plastieksak nie, en besef hier om my dryf goete maar dis nie takkies en stokkies nie! Jig, Boeta, nou swem ek! Maar soos dit maar is, dryf die spulletjie soos eentjies in βn ry in my swemstroom agter my aan! βMoenie water sluk nieβ konsentreer en kliphard in my kop. Ek kyk Γ³m, in my swemstroom dryf βpiranhasβ rustig agter my aanβ¦ Nou plan-B, duik en swem βn paar meter onderwater, maar met βn swartplastieksak oor die gesig is als net te veel vir my. Ek mΓ³Γ©t uit die see uit!
Manlief lag himself βn papie. Ekβs net te grillerig en pΓͺ om te eet. βn Paar biere later glimlag ek floutjies vir almal wat dink my seΓ«swemmery is die grap van die jaar. Die kinders skop βn bol, hol rond en gaan vΓͺr ente stap. Een seuntjie kom triomfantlik terug met βn onpaar plakkies wat die see uitgespoeg het en βn handvol ou gebruikte bont tanneborsels wat hy opgetel het. Nee sies, ek sal aan wal sit en roes, vir eers is ek uitgeswem.

Leave a reply to Daniel Bezuidenhout Cancel reply