‘n Blom moet weer blom…


 

Elke dag is nie Krismis nie. Daar moet die eenvoudige vaal grys dae wees sodat ons die rêrige spesiale dae kan onthou. As alle dae wa-wa-whoom was, was ek sekerlik in die malhuis! Miskien raak ek dan soos kindertjies wat oormoeg vaak is, mislik en opgeskeep met myself.

Vandag gaan een van my vriendinne weg. Dis maar die lot van ekspat-mense. Sodra jy iemand gevind het wat op dieselfde bladsy as jy inkleur, vat hulle die trekpas. Die laaste ete, tennisspeel en uitkuier. Sy’s so oorweldig met haar reis reëlings en pakkery, dat sy my langlip heelemal miskyk.

Sekerlik gaan ek nou nie soos ‘n lappop ‘n ashoop soek nie, maar ag magtig man! Kan Karma nie effe langer my misgekyk het nie?

As ‘n blom homself kan dwing om volgende somer weer te blom na ‘n mislike winter, dan kan ek sekerlik maar  weer uitkyk vir beter dae!

12 responses to “‘n Blom moet weer blom…”

  1. Sterkte!

    Bemoedigende groet,

    Like

  2. Dit is ´n baie stresvolle tyd, vir enigiemand, wat verhuis. Sommige van ons vriende, was kwaad, destyds en het ons sommer afgeskryf. So leer mens maar jou vriende ken.

    Like

  3. Ek weet sommer jy gaan gou weer blom! Ek weet dit net. 🙂

    Liked by 1 person

  4. Sterkte.
    Jy is baie stil die laaste tyd.

    Liked by 1 person

    1. Ek’s besig met die vou van ‘n Kraam Kliniek diep in die bos… sal daaroor skryf

      Liked by 1 person

      1. Sien uit om alles te hoor.

        Like

  5. Volgende jaar gaan die blom weer blom met kleintjies daarby 🙂 vir jou ‘n blog geskryf….

    Liked by 1 person

  6. Afskeid is nooit lekker nie…sterkte!

    Liked by 1 person

  7. Ek ken daardie koebaai. Dis niks lekker nie… Sterkte!

    Like

Leave a reply to Daniël Bezuidenhout Cancel reply