Hier in Akkra is mos by tye heeltemal te veel tyd op hande.
Ek het destyds by ‘n vriendin gaan kuier wat my geleer het om boksies te bou vanuit plat karton, en met bont Ghanalap oor te trek.
My man reis gereeld vir besigheid, en dan spring ek aan die werk en maak boksies. Wanneer hy tuis is, raak hy verbouereerd met garings en lapseltjies en kartontoiings wat rondlê. So sodra die kat weg is – is die muis baas en mors ek soveel op die etenstafel en ryg ek klaar boksies uit.
Hier is ‘n paar fotos van wat ek aanvang…
Die buite kant wort met bont lap oorgetrek
Ons begin met plat 3mm karton en sny kante, deksels en bodems uit.Dis hoe die boksie lyk sodra als aanmekaar geplak is.Dan word binne sye gemeet, gesny en gepas.Dit sal ook oorgetrek word.Die sye se lap word vasgelym aan die kartonEk gebruik ligte gewigte om seker te maak als lym mooi stewig vasHier kan die extra sye binne-in vas gelym wordSo lyk die klaar boksie rooi getooi, met ‘n binne verdelingSiedaar – kant en klaarEnter a Een van die vorige bont-boksies
Het ‘n sagte plek vir lap. Dis deesdae my soeweniers as ek reis en daar’s interessante lap (soos eintlik maar net in Afrika). Pragtige boksies! Jammer jy mag nie ook ‘n stalletjie onder ‘n boom hê nie 😉
[…] kom met haar ‘Kaalvoet Kind’ aangestap, en bring ekstra diepte tafel toe. Thulana se ‘Lap boksies’ in Akkra, Ghana, laat my onthou dat ek ñ paar knope het om aan manlief […]
Leave a reply to Flip, wat ñ dag! – Bali Drome Cancel reply