Ghana Lap op ‘n Boksie


Hier in Akkra is mos by tye heeltemal te veel tyd op hande.

Ek het destyds by ‘n vriendin gaan kuier wat my geleer het om boksies te bou vanuit plat karton, en met bont Ghanalap oor te trek.

My man reis gereeld vir besigheid, en dan spring ek aan die werk en maak boksies.  Wanneer hy tuis is, raak hy verbouereerd met garings en lapseltjies en kartontoiings wat rondlê. So sodra die kat weg is – is die muis baas en mors ek soveel op die etenstafel en ryg ek klaar boksies uit.

Hier is ‘n paar fotos van wat ek aanvang…

buite oorgetrek.JPG
Die buite kant wort met bont lap oorgetrek

 

 

Karton en snymesse.JPG
Ons begin met plat 3mm karton en sny kante, deksels en bodems uit.
rou-boksie
Dis hoe die boksie lyk sodra als aanmekaar geplak is.
buite oorgetrek2.JPG
Dan word binne sye gemeet, gesny en gepas.Dit sal ook oorgetrek word.
gom-lap-vas
Die sye se lap word vasgelym aan die karton
dubbel gewigte.JPG
Ek gebruik ligte gewigte  om seker te maak als lym mooi stewig vas
meer gewigte binnevelle.JPG
Hier kan die extra sye binne-in vas gelym word
oop boksie3 binne.JPG
So lyk die klaar boksie rooi getooi, met ‘n binne verdeling
binne buite rooi boksie.JPG
Siedaar – kant en klaar
bont Afrika lap.JPG
Enter a Een van die vorige bont-boksies

This slideshow requires JavaScript.

 

 

 

16 responses to “Ghana Lap op ‘n Boksie”

  1. Het ‘n sagte plek vir lap. Dis deesdae my soeweniers as ek reis en daar’s interessante lap (soos eintlik maar net in Afrika). Pragtige boksies! Jammer jy mag nie ook ‘n stalletjie onder ‘n boom hê nie 😉

    Liked by 1 person

  2. Wat ‘n inspiraie! gaan dit na Verona se straat-tafel toe/

    Liked by 1 person

    1. Nee dis van nou af my verjaarsdag geskenke!

      Like

  3. dit lyk great!

    Like

  4. Kyk nou net hoe oulik is jy! Ek kuier heerlik saam met jou in Akkra. Jy stel ñ wêreld aan my voor wat ek seker nie self te siene gaan kry nie.

    Liked by 1 person

    1. En so lees ek heerlik saam van Java en jou vriendin Sulis. Ek kuier graag in Thailand en Viëtnam, en sal nog my pad vind na Indonesiē…eendag.

      Liked by 1 person

      1. Ek wil weer graag Viëtnam doen, is self baie lief vr Thailand. Bly jy het saam met my gekuier.🌼

        Liked by 1 person

  5. Sjoe, dis inspirerend!

    Like

  6. […] kom met haar ‘Kaalvoet Kind’ aangestap, en bring ekstra diepte tafel toe. Thulana se ‘Lap boksies’ in Akkra, Ghana, laat my onthou dat ek ñ paar knope het om aan manlief […]

    Liked by 1 person

  7. Leuk en mooi!

    Wat zijn die Ghanese lappen toch mooi.
    Jouw producten kunnen goed in een winkel terecht komen.

    Vrolijke groet,

    Liked by 1 person

  8. WOW!! Dit lyk so awesome! Jy is omtrent kunstig. Verkoop jy jou kunswerke daar?

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie, ek deel meestal uit aan vriendinne wat verjaar. So tussendeur figure ek uit wat is hulle gunsteling kleur en bou dan ietsie.

      Liked by 2 people

Leave a reply to HesterLeyNel Cancel reply