Skip to content

Thulana

  • Home
  • About
  • Fluisters in Akkra se Banksale

    Na gisternag se tropiese heelnag-deur reënbui, is die humiditeit dik om my. Die sonnetjie trek stoom uit die nat teer, waar ek voor die ATM staan en wag. “Bliep”-net een Ghananese-boorling vlak voor my besig met die ATM. Die ATM spoeg ‘n kwitansie uit en die jongman voor my sê beleefd “Dankie”!  Miskien is die…

    March 28, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Expat Living, Living in Africa, Oumense se dinge, Strange things, Vreemde dinge
    Accra, Africa, ATM, Banksake, Fluister, Omie, Tydmors
    Fluisters in Akkra se Banksale
  • Duur Katkoop

    Outyd in my Ouma kombuis, het sy ‘n wysheid kwytgeraak terwyl ons ertjies sit en uitdop. Vandag deel ek dit sonder die nodige ertjie-uitdop-proses. Sy vertel; moet nooit ooit ‘n klein katjie verniet aanvaar van iemand nie. Al betaal jy nét vyf sent, betaal tog net ietsie alvorens daai kat jou nog op die ou…

    March 20, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Living in Africa, Oumense se dinge, Strange things
    Afrikaans, Kat, RSA, Smeerbrief, Sofa, Windhoek
    Duur Katkoop
  • As die kasdeure oophang

    My se gatvelle het gebrand as ek na donker nog op straat gespeel het. Doei tyd was kinnertjies veilig om te speel totdat die straatligte aangekom het. Dis nou lank voor Zuma ons straatligte afgeskakel het. Praat van ligte aan- en afskakel – annerkand die seewater brand blink liggies soos glinsterende diamante. Is mense maar…

    March 16, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Expat Living
    Accra, Afrikaans, kinders, Malema, Motte
    As die kasdeure oophang
  • Wanneer Afrika jou breinspoel

    As Ghana se toerisme ouens hierso oopoog was, het hulle die 90 dae besoekers visum fooi van R 1539 heeltemal afgeskaf.  Partykeer verblind daai dollar tekentjies die toekomsblik op meer toeriste se dikker beursies.  Daar is natuurlik wandelende Engele al  om ons. Ons noem hulle ‘volunteers’.  Hulle betaal groot geld om in klein statte tydelik te…

    February 28, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Expat Living, Ghana, Vreemde dinge
    Accra, Afrikaans, Dobbelhuis, Jackpot
    Wanneer Afrika jou breinspoel
  • Sodom en Gamora

    My vriendin en ek gaan besoek toe Agbogbloshie in Akkra.  Dis boendoes toe – vir dié wat wonder waar dit is. Dis ‘n plek soos geen ander nie.  Vrouens dra vragte in die mark rond op hulle koppe. Die draers se straatnaam is “Kayaye”. Hulle verdien so vyftig rand (ZAR) per dag, waarvan hulle R25 per…

    February 23, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Expat Living
    Africa, Afrikans
    Sodom en Gamora
  • Die Ridders van die Koeltebome

    Om self mouterkar te bestuur – dit mis ek die meeste. Net gou sleutels gryp en windgat winkel toe wip is maar ‘n drama. Natuurlik kan en mag vrouens hier in Akkra mouterkarre bestuur. Twee van my goeie vriendinne besit en bestuur sulke klein goggakarretjies; orals oor. Maar ons ry een grootte vier-by-vier- lewensgroot, jy…

    February 12, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Expat Living, Ghana, Strange things
    Accra, Afrikaans, Culture
    Die Ridders van die Koeltebome
  • Grootmens verraad!

    As klein dogtertjie van so vyfjaar woon ons vlietig in Alberton. My Ma werk by die biblioteek en my Pa verkoop nuwe blink karre. Op een woeste reëndag hol ons kindertjies soos afkop hoenders, uitgelate met plêstieksakke oor die kop in die reën. Dit was loshande die heerlikste speletjie wat ek kan onthou uit my…

    February 12, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Expat Living
    Afrikaans, verraad
    Grootmens verraad!
  • My hart lê in twee plekke …

    Gister sit ek en werk deur ‘n paar fotos van ons onlangse tuisbesoek. Ek is tuis in my Akkra huis en my kat Misca is verheug oor my terugkoms. Maar my ander huis wag in Windhoek en daar sit my mal maltees heeltyd by die deur en wag vir my terugkoms. Party mense het geen…

    February 1, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Expat Living, Ghana, Living in Africa
    Accra, Africa, Afrikaans, Jagseisoen, Misca, Toeris, Veilig
    My hart lê in twee plekke …
  • Lipstiek en stof

    As jy jou lyf salamander in ‘n wintersonnetjie gehou het, sal jy ergerlik raak as iemand in jou sonnetjie kom staan. In die Noord- en Suidpool is daardie wegraak van die sonnetjie drasties erger. Soos die wêreld aankarring op sy skewe aksel, is daar duisternis vir meer as negentig dae. Daai mense se skrefie oë…

    January 13, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Expat Living, Ghana, Living in Africa, Strange things
    Accra, Africa, Afrikaans, Biltong
    Lipstiek en stof
  • Dertig-rand se verskil.

    Op langpad moet mens aftrek en op die bossies piepie.  Woestynlangs is nie veel koelte nie.  Ek skrik sommer my piepie droog want langs die draad is neffens ‘n roering.  Daar waar ons afgetrek het, sit reeds ‘n ouman. In die gruisklip tussen sy vlenter skoene lê ‘n blikbord met paar klipkristalle.  Mense uit ‘n…

    January 7, 2015

    Daniël Bezuidenhout

    Living in Africa, Oumense se dinge, Woestynkoors
    Africa, Krismis, Kristal, Namibia, Namibian, Woestyn
    Dertig-rand se verskil.
«Previous Page Next Page»
Sonder 'n stingel

Thulana

Tumblr / Instagram / Email

Blog at WordPress.com.

 

Loading Comments...
 

    • Subscribe Subscribed
      • Thulana
      • Join 215 other subscribers
      • Already have a WordPress.com account? Log in now.
      • Thulana
      • Subscribe Subscribed
      • Sign up
      • Log in
      • Report this content
      • View site in Reader
      • Manage subscriptions
      • Collapse this bar